‘n 35-jarige man is Woensdag in Noordwes in hegtenis geneem nadat hy glo sy eksmeisie se plakkershuis, met haar twee kinders binne-in, aan die brand gesteek het. “Die twee kinders, ‘n 10-jarige seun en ‘n sewejarige meisie, is op die toneel by Maruping in Ottoshoop dood verklaar,” het kapt. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie in Noordwes, gesê. “Nadat hy die plakkershuis aan die brand gesteek het, het hy glo die vrou ‘n paar keer met ‘n mes gesteek.” Sy is met ernstige beserings na die hospitaal gehaas. Makau sê die motief vir die aanval is nie bekend nie en die ondersoek duur voort. Die man het die huis glo om 04:00 aan die brand gesteek. Hy sal Vrydag in die Zeerust-landdroshof verskyn op aanklag van brandstigting, twee aanklagte van moord en aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig.
Kinders sterf toe man plakkershuis afbrand
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
Nou pra' jý
Een kommentaar
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
Wreedaardig – hoe kry enige mens dit oor sy hart om dit te doen ? Gaan my verstand te bowe.