ʼn Vierjarige seun is Donderdag dood nadat hy in ʼn swembad by sy huis in Sea View, Durban, verdrink het.
Derrick Banks, ʼn woordvoerder van ER24, sê die kind is deur ʼn familielid in die swembad gekry en uitgehaal. “Dit is nie bekend hoe lank die kleuter in die swembad was nie. Toe paramedici op die toneel opdaag was die kind reeds dood,” het Banks gesê.
Die polisie ondersoek die voorval.