‘n Stad in China gebruik honde om aardbewings te voorspel, nadat plaaslike media in dié land berig het dat bure oor vals alarms, naamlik ‘n geblaf, gekla het.
Lees meerAlles vir Donderdag 9 Mei 2013
Gupta-sage: Indiese Hoë Kommissie bevestig toestemming
Die Indiese Hoë Kommissie het toestemming gehad om ‘n privaatvliegtuig by Waterkloof-lugmagbasis te land, het die Hoë Kommissaris Donderdag gesê.
‘Slim’ ID-kaarte van Julie af
Die langverwagte ‘slim’ identiteitskaarte sal glo van Juliemaand af in Suid-Afrika uitgereik word.
iPad-skietery: Beskuldigde glo kloustrofobies
Johannes Coetzee (25) wat glo ‘n hawelose man ná ‘n gryp-en-spaandervoorval doodgeskiet het, is glo kloustrofobies, het die Pretoriase landdroshof Donderdag gehoor.
Kleuter verdrink in Durban
ʼn Vierjarige seun is Donderdag dood nadat hy in ʼn swembad by sy huis in Sea View, Durban, verdrink het.
Nampo skud vere reg vir groot fees
Alles is in rep en roer vir die Nampo-oesdag wat vanjaar tussen 14 en 17 Mei op die Nampoplaas buite Bothaville in die Vrystaat gehou word.
ANC verwerp omkopery-gerugte
Die ANC het gerugte ontken dat Sipho Tandani, burgemeester van Ndlambe in die Oos-Kaap, by omkopery betrokke is.
Man wat hawelose skiet kry borg
Johannes Theno Coetzee, die 25-jarige man van Pretoria wat verlede Dinsdag glo ʼn hawelose man doodgeskiet het nadat sy meisie deur ʼn grypdief aangeval is, is Donderdag op borgtog van R5 000 vrygelaat.
R72 miljoen borg vir vermeende ontvoerder
Die man wat daarvan verdink word dat hy drie vroue ʼn dekade lank in Cleveland, Ohio in Amerika aangehou het, het Donderdag in die hof verskyn.
Gevangenes het glo luilekker lewe agter tralies
Sommige van die land se gevangenes drink glo konjak, kyk DStv en gebruik selfone.
Híér is dit die onveiligste op plase
Om op ʼn plaas of plot in Gauteng te woon en boonop ouer as 60 jaar te wees, plaas mense in die kategorie van die kwesbaarste teikens vir plaasaanvalle in Suid-Afrika.
Busstaking dalk binnekort verby
Vakbonde en werkgewers is “optimisties” dat ‘n oplossing vir die busstaking dalk voor die einde van die week bereik sal word.
Man op parool vas vir moord op pa van KZN
ʼn Man wat op parool vrygelaat is nadat hy aan gewapende roof skuldig bevind is, is in hegtenis geneem in verband met die moord op Jacques Oosthuizen.
Transnet wil asbes naby De Aar stort
Planne van Transnet om asbes naby De Aar in die Noord-Kaap te stort, het inwoners warm onder die kraag.
Malema-huis vir bykans R6 miljoen verkoop
Julius Malema se halfgeboude huis in Sandown, Johannesburg, is pas tydens ‘n veiling vir R5.9 miljoen verkoop.
Noot vir Noot se Johan Stemmet nie dood
Johan Stemmet, die sanger en aanbieder van die gewilde musiekvasvra-televisieprogram Noot vir Noot, is nie dood nie.
CDP doen beroep om Hemelvaartdag te vier
Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het Donderdag ʼn beroep op alle Christene gedoen om Hemelvaartdag te vier.
SA-vlieëniers mag terugkeer van Namibië
Die 12 vlieëniers van Suid-Afrika wat sedert Saterdag in Namibië aangehou is omdat hulle nie die regte vlugdokumente gehad het nie, kan uiteindelik terugkeer huis toe.
Nuuskommentaar: Plaasaanvalle en die trauma
Plaasaanvalle, en so ook plaasmoorde, is in Suid-Afrika selde lank uit die nuus.
Halfgeboude Malema-huis het selfs ʼn bioskoop
Die persoon wie se aanbod Donderdag tydens ʼn veiling vir Julius Malema se halfgeboude huis goedgekeur word, sal onder andere ʼn bioskoop en ʼn sigaarkamer in dié huis aantref.