Lasbrief vir Malema uitgereik

Julius Malema

ʼn Lasbrief is glo vir Julius Malema se inhegtenisname uitgereik. City Press het Vrydagmiddag berig die lasbrief is glo Vrydagoggend uitgereik en die voormalige ANC-jeugligaleier moet na verwagting reeds volgende week in die hof verskyn.

Na wat verneem word, moet hy in Pretoria en in Polokwane in die hof verskyn op aanklagte van korrupsie, geldverduistering en bedrog.

Malema het na bewering gedurende sy ampstermyn as president van die ANCYL verskeie sakemanne van Limpopo gehelp om tenders te wen.

Dit is nog nie bekend of Malema tronk toe gestuur gaan word voor hy in die hof moet verskyn nie.

Malema het aan die koerant gesê hy is nie van die lasbrief bewus nie en sal sy samewerking gee as daar teen hom opgetree word. ʼn Bron na aan Malema sê egter hy is van die situasie bewus en wag vir verdere besonderhede. Lees meer hier.

Maroela Media het vroeër vandag berig Solidariteit gaan vandag ʼn verslag aan die Valke oorhandig om hulle met hul ondersoek teen Malema by te staan. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gatiep ·

Die arrestasie sal nie ‘n goeie ding wees nie. Dit sal die massas opsweep en groot vure aan die brand steek. Daar moet ‘n ander uitweg wees.

Mike ·

Dalk moet hulle ou gewese NP leiers raadpleeg oor hoe jy van sulke lastige persone ontslae raak. Die NP sal vir hulle goeie voorbeelde kan gee soos Robert Smit en Johan Heyns.

H J Bester ·

Alhoewel Julius Malema nie oor enige besondere leierseienskappe en -vaardighede beskik nie het hy tog groot invloed op die laag besoldigdes asook op die massas wat grootliks onderontwikkeld is en nie oor hoë skolastiese opvoeding beskik nie. Hierdie sektor van die Suid-Afrikaanse samelewing is maklik opsweepbaar en kan maklik aangehits word tot oproer en geweld.

Malema kan dus maklik groot ophef maak van sy moontlik inhegtenisname asook hofverskyning en sodoende die massas aanhits tot histerie. Die Owerheid sal die situasie dus streng moet monitor en paraat wees om die orde te handhaaf sou oproer ontstaan.

Of Julius Malema nou ‘n sterk leiersfiguur is of nie, hy het die vermoë om die massas te beïnvloed – iets wat nooit binne die Suid-Afrikaanse konteks uit die oog verloor moet word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.