Rugby ondersteuners kan na ʼn aksiebelaaide Saterdag uitsien met drie Curriebeker-wedstryde wat vandag voorlê.
- Die Griekwas is om 15:00 in aksie teen die Haaie in Kimberley.
- Die Blou Bulle en die Goue Leeus pak mekaar om 17:05 in Pretoria.
- Om die dag mee af te sluit, meet die WP omstreeks 19:00 kragte teen die Cheetahs in Bloemfontein.
Maak seker dat daar genoeg peuselhappies, biltong en bier is… en sterkte met die stryd om die afstandbeheerder.