LUR vas oor moord

China Dodovu, Noordwes se LUR vir plaaslike regering, is Maandag in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn ANC-hooggeplaaste in die provinsie.

Dodovu is Maandagmiddag tydens ʼn vergadering van die provinsiale uitvoerende komitee in hegtenis geneem in verband met die moord op Obuti Chika, die ANC se streeksekretaris in Noordwes. Chika is op 14 Desember in die oprit van sy huis in Klerksdorp doodgeskiet. Dodovu is die agtste verdagte om in verband met Chika se moord in hegtenis geneem te word. Die ander beskuldigdes is Papike Baboile (27), die ANC-jeugliga se voorsitter in Noordwes, Paul Molomonyane (33), wyk-sekretaris, Itumuleng Molebatsi (5), ‘n raadslid, William Malefo (46), ʼn munisipale werker, Kgotso Kali (36), ʼn taxibestuurder en Jeffrey Letuka (28). Die verdagtes sal Woensdag in die Klerksdorpse landdroshof aansoek om borgtog doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.