Die geskorste ANC-jeugligaleier, Julius Malema, is Woensdag in die Polokwane-streekhof op borgtog van R10 000 vrygelaat. Malema staan tereg op ʼn aanklag van geldwassery. Hy het hom vroeër vandag by die Polokwane-polisiestasie in Limpopo oorgegee.
Vier van Malema se sakevennote is Dinsdag in die Polokwane-landdroshof op borgtog vrygelaat.
Kagisho Dichabe, Lesiba Gwangwa, Helen Moreroa en Selby Manthata is op borgtog van R40 000 elk vrygelaat. Vier maatskappye is op die klagstaat aangedui: Segwalo Consulting, On-Point Engineers, Gwama Consulting en Oceanside Trading. Landdros Janine Ungerer het beveel dat die vier mans hulle paspoorte inhandig. Die mans het onskuldig gepleit op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery. Volgens die staat het die vier mans hulself wanvoorgestel aan die departement van paaie en vervoer in Limpopo en dat ʼn tender van R52 miljoen aan een van die beskuldigdes toegeken is. McIntosh Polela, woordvoerder van die Valke, sê die mans sal op 30 November weer in die hof verskyn. Malema moet ook op 30 November in die hof wees.
[nggallery id=74]
Hy lyk vir my baie ingenome en gelukkig met homself…..uitgevat vir die geleentheid!