ʼn Man in sy 30s is Saterdag in die vroeë oggendure by sy huis in Despatch met ‘n skerp voorwerp gesteek en doodgeslaan.
Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê inligting oor die voorval is nog skaars, en dit word deur die polisie ondersoek. Gerugte dui aan dat die man tydens ʼn huisbraak vermoor is.
“Paramedici het die man omstreeks 02:00 in ʼn plas bloed op die vloer aangetref. Hy was reeds dood,” het Chris Botha gesê.
Volgens Botha is die man se kinders, onderskeidelik vyf en 14 jaar oud, en sy vrou erg getraumatiseerd deur die voorval. “Paramedici het ‘n ruk lank tyd saam met die ma en die kinders spandeer om die bedroefde gesin berading te gee,” het Botha bygevoeg.
Maroela Media wag vir kommentaar van die Oos-Kaapse polisie vir meer inligting.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Wat n manier om n naweek te begin…Moord, doodslag, barbaarsheid.Sterkte aan die familie.Ek kan my nie hier uitlaat nie, want wat ek wil se sal nie gepubliseer word nie !!!!!!!
As die oorledene hom teen die aanval versit het en nog geleef het, sou hy seker van poging tot moord aangekla gewees het.
Dit is ongelooflik hartseer dat die kinders en vrou deur so ‘n gruweldaad deur moes gaan, mag onse Vader die gesin in die tyd bystaan. Ek kan nie verstaan hoekom hulle moet moor, aardse besittings kan vervang word maar ‘n lewe nie. Mag God die monsters eendag hard straf!
Dis n ongevoellose mens wat so iets doen en dit voor die man se geliefdes,ek kan net se dankie Vader want ek betwyfel of ek so oorleef het,ek sal van my trollie af geword het,leeg yskoud en bitter hard,ek weet ek magi oordeel nie,maar die Vader sou my moes vashou want …. Sterkte aan die vrou en kids mag Ons Vader met julle wees nou en altyd
Sulke barbare moet aan die naaste boom opgehang word sonder om kostes van ‘n hofsaak aan te gaan. Indien skuldig bevind word??? in die hof word hulle slegs losies in ‘n 3-ster hotel gegee.