Die polisie het ʼn man in hegtenis geneem nadat hy glo vroeër die week sy tannie met ʼn byl doodgeslaan het.
Kaptein Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê die man is aangekeer vir die moord van Beslina Duma (64)in Mgatsheni, Himeville in KwaZulu-Natal. Haar liggaam is met verskeie kopwonde in haar huis aangetref.
“Ooggetuies het gesien hoe die man Woensdag die slagoffer se huis met ʼn byl in sy hande binnegaan,” het Zwane gesê. “Kort daarna het hulle gille uit haar huis hoor kom. Hulle het daarna gesien hoe die verdagte van die toneel vlug, met die byl steeds in sy hande.”
Die polisie is ontbied en die man is kort daarna in hegtenis geneem. Die man het glo vir Zwane blameer vir sy pa se dood. Hy gaan binnekort in die landdroshof in Himeville verskyn.