ʼn Man is in hegtenis geneem in verband met die dood van die sewejarige Ruhan Botha.
Ruhan is Vrydagaand in Atlantis in Kaapstad doodgeskiet nadat hy en sy ma in die spervuur beland het toe bendelede glo op mekaar losgebrand het. Sy ma is in die nek gewond en nog twee mans is ook beseer. Kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, sê die 21-jarige verdagte is Saterdagaand in Atlantis in hegtenis geneem. Hy sal Maandag in die hof verskyn.
Daar word ook net gepraat van die bende geweld in die Kaap, maar niks aan gedoen nie.
Hoe is dit moontlik dat die polisie niks wil of kan doen nie?Praat van vuurwapen beheer,dit is mos belaglik om te weet dat steeds honderde vuurwapens in omloop is alhoewel dit gesteel is.
Kan die polisie nie onverwagte besoeke/ondersoeke loods om die euwel uit te roei nie.