ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn tweejarige dogtertjie verkrag en vir dood agtergelaat het.
Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê die 29-jarige man is Saterdag tydens ʼn klopjag by ʼn woonstel in Yeoville in Johannesburg in hegtenis geneem. “Hy het nie die arrestasie teengesit nie en sal na Limpopo vervoer word waar hy van verkragting aangekla sal word.” Die man het die tweejarige dogtertjie glo twee weke gelede naby Pulaneng in Limpopo ontvoer, verkrag en vir dood agtergelaat. “Die dogtertjie sterk tans by die huis aan nadat sy vir ʼn week in die Mankweng-hospitaal behandel is.” Mulaudzi sê die verdagte sal binnekort in die Maake-landdroshof verskyn.
HANG HOM !!!!!!!!!!!!!!!! lyk my verkragtigings is die volk se alledaagse handeling Gemors!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Nee nou weet ek nie meer nie. Die mense is regtig van hulle kop af, waar gesien dat jy so iets doen. Ontman die man.