ʼn Man wat in hegtenis geneem is nadat hy glo twee klein hondjies doodgemaak het om hulle te eet, sal Maandag in die landdroshof in Pretoria verskyn, het die polisie gesê.
Die 22-jarige man is Saterdagaand in hegtenis geneem toe die polisie glo op die karkasse in sy vrieskas in sy huis in Pretoria-Noord afgekom het, het konstabel Maanda Singo gesê. “Die polisie is ontbied nadat iemand die velle van klein hondjies in die asblik buite die huis gewaar het,” het hy gesê. “Ons vermoed hy het die hondjies doodgemaak omdat daar nie ander vleis in sy huis was [om te eet] nie, maar ons is nie seker nie, want hy wou niks vir ons sê nie. Dalk vertel hy Maandag vir die landdros iets.” Singo sê die man sal van dieregeweld aangekla word.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Wat ‘n onsmaaklike storie. En is die illustrasie nie effens in swak smaak nie?