Mbalula: Gaza-konflik ‘nie oorlog, maar volksmoord’

Fikile Mbalula (Foto: @MbalulaFikile/X/Twitter)

Die situasie wat hom tans in Gaza afspeel, is nie oorlog nie, maar volksmoord, sê Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC.

“Wat daar gebeur [in Gaza] is nie ʼn oorlog nie, dis volksmoord … Volksmoord. Dit is ʼn algehele uitwissing van ʼn nasie,” het hy Donderdag in Sandton gesê.

Volgens Mbalula is dit onaanvaarbaar dat onskuldige mense en kinders gebombardeer word.

“Ons as die ANC is duidelik oor Israel en Palestina. Ons het gesê ons regering moet alles in sy vermoë doen om ʼn boodskap te stuur, insluitend die moontlikheid om teen Israel se ambassadeur in Suid-Afrika op te tree en Suid-Afrikaanse diplomate in Israel te herroep,” sê Mbalula.

Mbalula sê die ANC sal Saterdag saam met “duisende ander Suid-Afrikaners” in Kaapstad bymekaarkom in solidariteit met die “onderdrukte mense van Palestina”.

“Ons staan saam met Palestina. Hulle word as ʼn nasie onderdruk deur apartheid-Israel. Onskuldige mense en kinders word daagliks gebombardeer.”

Mbalula het ook herhaal dat die ANC ʼn tweestaat-oplossing voorstaan.

Hy het beklemtoon dit beteken nie dat die ANC teen enige Jode gekant is nie.

“Daar is Jode in die ANC soos [oudminister] Ronnie Kasrils wat saam met ons staan oor die lot van Palestina. Daar is Jode in die land wat, soos ons, ʼn volksmoord sien,” sê Mbalula.

Die ANC is besig om die nodige stappe te doen om te “verseker dat Suid-Afrika as ʼn nasie aan die kant van geregtigheid staan”.

“Ons sal nie ophou tot Palestina vry is nie.”

Dr. Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco), het Woensdag in die parlement gesê planne is wel gereed om Suid-Afrikaanse diplomate in Tel Aviv terug te roep.

Sy het tydens dieselfde vraag-en-antwoord‑sessie gesê die regering het egter nog geen voorneme om die Israelse ambassadeur uit die land te skop nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

annie ·

Watter volk? Daai mense in Gaza kom van orals buiten Mars en dit is ook nie so seker nie. As dié kêrel wil vorder in die toekoms moet hy gerus eers agter sy eie deur vee voor hy die wêreld vol se lande en volke wil beledig.

Nettie ·

So dit beteken hulle kan maar sterf? Babas, kleuters, onskuldige kinders? Want hul ouers “kom van orals buiten Mars”?

popsa ·

Kry jou feite reg, Hettie. Israel veg nié teen babas en kleuters nie. Hulle haal Hamas-terroriste uit.

Johan ·

Julle maak my siek Annie, volg slaafs die Sioniste se massa media en glo dit is in orde om duisende mense te vermoor. Maar Isra_l gaan moeilik hul reputasie terugkry na die, die wêreld sien dit uiteindelik. Ek dink dit is die eerste volksmoord wat openlik voor almal se oë gepleeg word, en hulle gaan die prys betaal daarvoor.

Gert ·

Ag are minister. Veruidelik die verskil tusen volksmoord en plaasmoorde by die duisende oor die afgelope jare.

Martie Smartie ·

Vosmoord is wanneeer dit die ANC pas en die slagoffers die kleur is wat hulle wil sien. En die ANC narre is mos alyd luidrugtig om die aandagvan hulle eie ideologies-bedorwe/ verdorwe sirkus af te trek.

Oosieoos ·

Nog nooit maar nooit a ware woord uit sy mond gehoor nie so vat dit van wie dit kom

domheks ·

AGOA gaan julle defnitief uitskop. Dan wil ek hoor hoe huil julle as die land nog minder geld het om julle te onderhou.

Johan ·

Agoa is inelkgeval net n beheer maatreëls waarvan ons so gou moontlik moet wegkom.

Willempie ·

En dit is ook al wat julle die ANC, kan doen. Bood skappe stuur en kommisies aanstel !!!

Renier ·

wens die anc het so gevoel oor plaasmoorde,township moorde,bende geweld en moord,gewapende roof,verkragting die lys hou aan en aan.Begin by die huis….dan kan ons ander bystaan.

Net-my-opinie ·

My opinie – Ek dink politici, veral die ANC moet hulle uit die konflik tussen Israel en Gaza hou. Want more oormore moet hulle, hulle woorde sluk….en min dinge is so bitter en onmoontlik as om die gesproke woord terug te trek. Sit maar ñ wag voor julle mondjies hoor.

hpven ·

Fikile, hier in Suid Afrika sterf 50 mense per dag, maw ongeveer 20,000 per jaar, syfers wat voor die parlement gebring is! Wat noem jy dit? Vermeervuldig dit met die 29 jaar onder die ANC regime! Hoekom so stil insake die ANC se mense slagting?

Pierre ·

stem saam, die syfers pas nie hulle agenda nie so sal niks daar se nie, die hele ding gaan om die hoop om stemme te werf, enige daad van enige politieke party op die stadium moet van nature verdag voorkom.

skurweberg ·

Ons het hier te doen met gewete
of gewetenloosheid. Om die waarheid te handhaaf plaas jou in die spervuur Of jy weet nie wat die waarde van die gewete is en waar dit vandaan kom nie, of jy verstaan dit nie omdat jy anders groot geword het.

Althes ·

Julle regerende party wil die aandag aftrek van jul mislukkings dis die wat jul so hard geraas maak teenoor Israel.
Julle dink die burgers van SA is dom.

007 ·

En die ANC pleeg volksmoord in SA. Geen of min dienslewering, belas ons orals, rentekoerse is hoog, paaie is in ‘n toestand, geen of min elektrisiteit, geen of min vuil water. Kom Vrystaat toe en beleef dit self. Jy beteken niks vir ons en ons land nie.

De Bok ·

As daar ‘n volksmoord plaasvind, dan is dit Hamas wat dit pleeg teen die Israeli’s

Nettie ·

Minder as 2000 Israeli’s het gesterf. Sover 10 000+ Palestiniers het die afgelope 4 weke gesterf.
Ja. Dis duidelik wie moor vir wie uit.

popsa ·

Kry jou feite reg, Nettie. Wie was die oorsaak van alles? Waar is die gyselaars wat steeds na langer as ‘n maand deur Hamas gevange gehou word? Waarom laat Hamas hulle nie vry nie? En ja, onder daardie gyselaars is wel babas en kindertjies. Pasop vir wie jy glo. Of wíl glo…
https://t.me/beholdisraelchannel/22535

Ronel ·

En wat noem hy dit wat in ons land aan die gang is? Dis nou volksmoord as jy in jou lewe al volksmoord gesien het! Ek staan in elk geval agter Israel – 100%. Hamas is direk verantwoordelik vir alles wat in die Gasa strook gebeur, hulle het met hierdie hele moordtog begin!

popsa ·

Presies. En waar is die gyselaars vir wie Hamas nog steeds nie vrygelaat het nie?

Cherokee ·

Mbalula, as jy slim genoeg was om Afrikaans te verstaan, sou jy verstaan wat ek hier vir jou sê, wetende dat ek teen ‘n muur vasskryf, wat geen deurgang het.
Jy bewys (eers gesê blyk, maar besluit op ‘bewys’), dat jy nie die begrip toon, dat Hamas bomme na Israel gelooots het, wat burgerlikes, sonder aansiens, geteiken het. As jy tè stadig is om dit in begrip te neem, waarom ‘n aanval loots, wat jou verder sal verneder?
Omdat jy geen selfrespek het, maar bloot ‘gesig’ soek by ‘ terroristiese groep soos die anc. Indien jy ènige sin sou wou praat, sou jy Hamas se aanval op onskuldige Joodse inwoners by jou poging betrek het. Terloops, ek is meer Engelssprekend as Afrikaans, want ek woon vir dekades in Durban, wat my algemene taal, Engels maak. Steeds wil ek jou onvermoë om ‘n logiese gesprek te verstaan. uitwys.

Nierkie ·

Israel en Palestina is lande, maar Hamas is ‘n tereurgroep – nie dieselfde ding nie ou Fikile. Ondersteun jy maar die tereurgroep as jy wil

hendrik ·

Mbalula
Bou n brug en Kom daar oor want duidelik weet jy nie wat in die wereld aangaan nie. Ek staan vir Isreal of jy nou daar van hou of nie dis jou problem. Gaan soek aandag op n ander plek. Nog n bietjie slaap nog n bietjie sluimer,as jy skrik skrik net wakker.

Dup ·

Wat sê ou Frikkie van lande soos Soedan,Sirië,Irak en Afghanistan waar menseregte glad nie bestaan nie en die inwoners vir hulle eie regerings moet vlug.Dan praat ek nie eers van sommige Afrika lande nie.Ons sogenaamde regering en sy meelopers moet eerder stilbly en die water en kragkrisis aanspreek.Al wat Hamas in Gaza kon doen,was om tonnels te grawe en wapens te stoor.Die Palestyne het daar soos vlugtelinge gelewe.

Piet ·

Die ANC voel nog altyd bedreig deur minderhede en spesialiseer daarin om hulle te onderdruk. 475 miljoen Arabiere in 22 Arabiese lande wat 13 miljoen vk km beslaan. 7 miljoen Jode in Israel met 22 000 vk km grond – ‘n raps groter as die Wildtuin.

Grassie ·

Daar was wel volksmoord. Dit was toe Hamas- terroriste Israel binnegeval en onskuldige ongewapende Israeliete, mans,vrouens en babas gruwelik vermoor het. Wat nou plaasvind is oorlog en in oorloë is daar ongevalle. Die Palestyne is almal Hamas ondersteuners. Hulle het ‘n adder aan hul boesem gekoester en betaal nou die prys daarvoor.

Jaco ·

Nou vat ‘n AK en gaan help jou boeties – julle het duidelik selfde verwronge beeld van wat reg-en-verkeerd is. Ek is sekere jy het as kader die nodige opleiding ontvang.

annie ·

Enigiemand wat Fikile as president wil hê, steek die hand op. Niemand?

Porseleintjie ·

Fikile jy staan waar jy wil staan, maar ek kies self waar ek wil staan. En ek kies om saam Israel te staan.

Andre ·

Mbucks is die laaste ou wat advies moet uitdeel!
Sy rekord lyk maar droewig!

Nettie ·

Dis vir my ‘n bitter dag wanneer ek saam met die ANC en veral Fikile stem, duidelik teen die meerderheid van my eie mense, Afrikaners en Boere.

Ek ondersteun NIE Hamas nie. Die 7de Oktober was ‘n ontsettende dag en verkeerd in alle opsigte. Ek oordeel nie dat Israel daarteen reageer nie.
Ek ondersteun NIE spesifiek Palestinie nie. Maar ook nie vir Israel nie.

Maar 4000+ kinders is die afgelope maand dood gemaak. Lees dit weer.
Soldate het hulle in stukke geblaas.
Ek kan dit NOOIT OOIT goed praat nie.

God het gesê ons moet vir geregtigheid en die weeskinders opstaan. En gevra dat kindertjies na Hom toe moet gaan, en ons mag hul nie verhinder nie.
Hoeveel weeskinders is die afgelope maand in Gaza geskep?
My hart is by en vir die kindertjiess. Niemand anders, nie Israel, Palestinie of Hamas nie.

Dieter ·

So om bomme, missile ens te gebruik om mense dood te maak, noem ons nou vryheisvegters.
As daar terug gevuur word, is dit volksmoord.

Word wakker Mbalula, sit jou bril reg op en sien die hele verhaal.

lodewyk ·

Israel is nou die swart skaap in die wrede oorlog,wie het dit begin en wie gebruik mense as hulle skerms??,Nee wat ek voel jammer vir die kinders en mense in Gaza,maar wat Israel doen is nou tyd,dit kan nie so aan gaan nie,die res van die Weste en EU is besig om onder Muslim te verval en Israel ,US en Uk probeer om dit te vehoed ,voor dit te laat is,Christene en Joode word ooral vermoor deer Terroriste wereldwyd by die duisende,maar julle voel jammer vir die gemors wat alles stook?Wie dink hy grou tonnels onder Gaza city om soos rotte weg te kruip en gee niks om vir die mense wat bogronds bly nie??

Pietertjie ·

Fikile, jy het die storie net mooi agterstevoor: dis ‘n oorlog as gevolg van ‘n poging tot volksmoord.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.