Meer brandbestrydingspanne in Waterberge ontplooi

Meer brandbestrydingspanne gaan in die Waterberg-omgewing van Limpopo ontplooi word om die moontlike uitbreek van weghol-veldbrande in die gebied te bestry.

Working on Fire het Dinsdag gesê die provinsie se 16 spanne is nie genoeg nie en vier bykomende spanne is ingeroep. Samuel Maepa, algemene bestuurder van Working on Fire, het gesê brand-opspoorders en helikopters gaan ook in die gebied ontplooi word.

Maepa het gesê die Waterberg-distrik is vatbaar vir brande, weens die minagting van die wet op nasionale omgewingsbestuur. Grondeienaars moet volgens die wet voldoende brandpaaie maak om die verspreiding van brande te keer. “Sonder brandpaaie is dit moeilik om weghol-veldbrande onder beheer te kry.”

Maepa het gesê veldbrande het verlede jaar sowat R20-miljoen se skade aan wildplase gerig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.