Musikant hoor dalk môre oor borg

Brickz: Foto: SAPA

Brickz: Foto: SAPA

Die borgtogverhoor van die kwaito-musikant, Brickz, is Maandag in die Roodepoortse landdroshof uitgestel. Landdros Piet Kotze het die verhoor tot Dinsdag uitgestel, wanneer hy sy uitspraak sal lewer.

Die staat staan sy borgtog teen en voer aan dat Brickz, oftewel Sipho Ndlovu, ʼn vlugrisiko is. Staatsaanklaer Willem le Roux het gesê al het Brickz nie ʼn paspoort nie, kan hy maklik die land verlaat indien hy borgtog kry. Hy het verder gesê die sanger hou ʼn gevaar vir die slagoffer sowel as Brickz se vrou in. Hy het ook nie ʼn vaste adres nie en geen eiendom is in sy naam geregistreer nie.

Isaac Mokgopi, Brickz se prokureur, het gesê sy kliënt sal nie vlug nie en sal beskikbaar wees vir die verhoor. Hy het gesê Brickz het sedert hy in 2007 vir dwelmbesit in hegtenis geneem is, nie weer ʼn misdaad gepleeg nie. Brickz het destyds ʼn skulderkenningsboete betaal. Mokgopi het die hof gevra om Brickz op R2 000 borgtog vry te laat.

Brickz is sedert 1 November in aanhouding nadat hy glo ʼn 17-jarige meisie in Maart verkrag het.

Brickz het in ʼn verklaring ontken dat hy die meisie verkrag het en het aangedui dat hy onskuldig gaan pleit.

Lees ook:
Musikant in hof oor verkragting

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.