Nuuskommentaar: Bestaan die Grondwet nog?

grondwet-argieffoto-02

Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media.

As daar ooit ’n alarmistiese opskrif was, dan kwalifiseer hierdie een stellig om daarvoor in aanmerking te kom. Maar dit verander niks aan die feit dat daar nou ernstig besin moet word oor die stand van grondwetlikheid in Suid-Afrika nie. Verskoning word gevra vir die lengte van hierdie kommentaar, maar die juridies-komplekse aard van die onderwerp vereis omsigtigheid, begronding en klarigheid.

Verlede week het ’n ongenoemde Suid-Afrikaanse “diplomaat” skande in Genève gemaak toe hy met leuens en verdraaiings ’n voorlegging van AfriForum voor ’n VN-segment probeer diskrediteer het. Dis nie die eerste keer dat ’n Suid-Afrikaanse diplomaat in dié Switserse stad erge skandes maak in ’n poging om Suid-Afrikaanse instellings met sterk Afrikaanse bande te snoer, en met uiterste kaf verdag te probeer maak nie. AfriForum en die Vryheidsfront Plus is voorheen onder andere daarvan beskuldig dat hulle randeiergroepe is, en dat instansies wat so plaasaanvalle beklemtoon, bloot na apartheid hunker. Veral deur die optrede van die VSA se afvaardiging het die SA spanne destyds wel spreekbeurte gekry (lees hier).

Ironies handel die jongste vergadering juis oor die menseregte van minderhede, en spesifiek in die onderwys. Dit terwyl Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, juis op die oomblik baie erg probeer aandag trek met sy veldtog teen Afrikaans.

Hierdie diplomaat het onder andere ’n amper vergete kluitjie opgediep deur na die Suid-Afrikaanse Grondwet as die beste ter wêreld te verwys. Toe dié stelling lank gelede gereeld gebruik is, was dit gewoonlik gemotiveer deur die stelling dat dit die nuutste grondwet ter wêreld is, en dat die samestellers daarvan die voordeel gehad het om die beste uit bestaande ander grondwette te neem. Daar sou wel ’n mate van waarheid in gesteek het as die opstellers inderdaad die beste uit ander geneem het, maar hulle het nie. Wie, met ’n greintjie insig, gaan stel ’n unitêre grondwet vir ’n land met ’n diverse bevolkingsamestelling op? Divers, soos ’n reënboog à la oudpres. Nelson Mandela; onthou u nog van sy reënboognasie?

Ander leemtes sal wanneer van toepassing aan die bod gestel word.

Die leser word verseker dat met dié nuuskommentaar nie beoog word om opswepende veralgemenings te maak nie. Die kompleksiteit blyk uit ’n 2005‑essay deur Lourens du Plessis, ’n hoogsgekwalifiseerde regsgeleerde. Die titel hiervan is “THEORETICAL (DIS-) POSITION AND STRATEGIC LEITMOTIVS IN CONSTITUTIONAL INTERPRETATION IN SOUTH AFRICA”.*

Die volgende aanhalings laat dit klink of die stuk vandag die lig kon gesien het. Wat kan byvoorbeeld meer beskrywend van die staat as “dilapidated” wees?

“The constitutional makeover of a dilapidated South African state called for inimitable political prudence and integrity, and for courageous, ethical statesmanship rising above chancy brinkmanship. This essay zooms in on aspects of the historic restoration that bequeathed this country and its people a prototypical, justifiable Constitution. It is trite that a Constitution stands for the advancement of ‘the good’ and the suppression of ‘evil’.

“The commitment to substantial constitutionalism saw South Africa efflorescing as a champion for constitutional democracy. The Jacob Zuma regime has, however, in the meantime generously and audaciously contributed to blemishing South Africa’s favourable but still vulnerable reputation.

“The advent of constitutional democracy in South Africa has brought about a revolution in the field of the interpretation of enacted law, that is, law made by demonstrable, constitutionally authorised legislatures whose distinctive province is (or at least significantly includes) lawmaking. ‘Enacted law’ consists of the supreme Constitution and all original (or primary) and delegated (or secondary) legislation in all spheres of government. The consequences of the interpretive revolution have been vast and very visible. Statutory interpretation in South Africa had been deficient long before the advent of constitutional democracy, but the challenge of construing a supreme Constitution, an enacted law-text beyond compare in so many respects, brought matters to a head and set off what is also referred to as a linguistic, interpretive or hermeneutical turn.”

Maar die uitspraak by Maties na aanleiding van die organisasie Gelyke Regte se saak teen die US se taalbeleid laat die verdere vraag ontstaan – is daar nog ’n grondwet? Dit wil sê ’n demokratiese grondwet met ’n verskanste anker om die miskenning daarvan oor meerderheidsdiktatuur, of soos daar deesdae dikwels in verskeie lande protes is oor die “diktatuur van die howe”? En is die grondwet dalk so swak dat dit nie genoegsame beskerming aan homself verleen deur misbruike en die blatante ignoreer daarvan nie?

Die antwoord is ongelukkig nie so gerusstellend nie, en dit is die hoofregter, Mogoeng Mogoeng, wat self die onrus saai (aangesuiwer deur skynbaar gemagtigde individue soos die “diplomaat” in Genève), wat die toepassing en uitleg van die grondwet aan buite-grondwetlike politieke ideologie ondergeskik maak. In wese kom dit daarop neer dat die uitleg van die grondwet nie bepaal word deur wat daarin staan nie, maar deur die regering se transformasiedoelwitte. Die soort argumentasie kom al ’n entjie, soos die advokaat vir Kovsies wat tydens die saak in die hooggeregshof aangevoer het dat om die applikante hul sin te gee (oor onder andere taalregte wat in die Grondwet staan), sal dit groot oproer onder die ontevrede studente veroorsaak. Dit wil sê studente wat openlik ’n revolusionêre uitkoms gesoek het eerder as ’n grondwetlike, die produk van ’n nasionale vredesakkoord. Die regters, wat ter wille van objektiwiteit vir die saak “ingevoer” was, het die applikante as regsinnig gelyk gegee. Die appèlhof het egter die grondwetlike bepalings ter syde geskuif.

Na die US-uitspraak in die Konstitusionele Hof het die sweer wat al yslik groot was, gebars. Die gevaartekens van politiek-“korrekte” uitkomste eerder as geïnstitusionele grondwetlike teks, en geanker in die internasionale reg oor minderheidsregte, het in ’n werklike gevaar ontpop deur voorkeure vir opportunistiese ongrondwetlike narratiewe. Dit word knellend sekuur gedemonstreer in ’n skrywe van prof. Jonathan Jansen in Times Select na die omstrede uitspraak van die Konstitusionele Hof: “And so eventually the debate on Afrikaans in universities ended not with a bang but a whimper in the Constitutional Court last week. Decades of intense struggles to maintain a few exclusive Afrikaans universities, at one point, and then to retain Afrikaans as a primary language of instruction, at a later point, all came to a screeching halt in the court of Chief Justice Mogoeng Mogoeng.”

En dan die eintlike juweeltjie: “The question of Afrikaans in the classroom was never about language. It was about power. It was about a group that had lost political power now trying to reassert its identity and authority through Afrikaans. It was about Afrikaans as the proprietary rights of the few and not as a linguistic asset belonging to the many.”

Sug. Wat is die sin van ’n geskrewe grondwet as dit na willekeur gesystap kan word om revolusionêre doelwitte, gerugsteun deur anargistiese druk, ter wille te wees?

As in gedagte gehou word dat Brittanje oor geen geskrewe grondwet beskik nie, maar desondanks goed kop gehou word deur knap regters wat die ongeskrewe grondwet uit die gemene reg, presedentereg, losstaande wette en gewoontereg moet kristalliseer en implementeer, dan is dit darem dik vir ’n daalder dat die howe in SA ondanks ’n geskrewe grondwet self die agenda kan bepaal en afforseer (en dwarsliggend ’n narratief toepas wat min met die werklikheid in gemeen het, soos Jansen se dagdromery hierbo toon).

As die toeslaan van die bod oor wie sy sin met grondwetlike uitleg kry, nog sinvol geskied het, was dit een saak, maar dat dit deur politieke gedienstigheid bepaal word, is verregaande. En dit is in wese wat Mogoeng kort na die US-uitspraak gedoen het.

En wat van die regspan van die “verloorders” wie se reputasies skade lei deur die hof se erodering van die geskrewe grondwet?

En dis ook nie of die regering so ’n ongekneusde reputasie het van effektiewe, regverdige regering nie. So was die juffrou van Schweizer-Reneke aanvanklik deur ’n boendoehof (verskeie bronne, waaronder dr. Dirk Hermann, bedryfshoof van Solidariteit) skuldig bevind. Dit het lank geneem om dié onreg reg te stel. En nou, so wil dit lyk, wil die Konstitusionele Hof die boendoehof se voorbeeld navolg. In vele demokratiese lande, soos Nederland en Australië, is daar bewegings wat ’n einde probeer bring aan wat hulle noem, die diktatuur van die howe. Hulle voel dis ’n ernstige vergryp teen die demokrasie as die ondemokratiese regbank, die demokraties verkose regering se besluite tot niet kan maak.

Dié argument geld egter gewoonlik net vir volwasse demokrasieë waar die regerings die reputasie het van die grondwet respekteer en toepas. In lande soos Suid-Afrika is daar egter ’n neiging dat die howe nodig is om die diktuur van die meerderheid en ander magsvergrype in die bek te ruk. En ja, die regering, en veral die regering van die Zuptas, is telkemale in die Konstitusionele Hof neus in die grond gedruk. Soms het die regering konsekwent verloor, soos in die bekende Modderklipsaak, maar in ander was die uitspraak van opeenvolgende hof tot die volgende wisselend. Soms kon nie fout met die Konstitusionele Hof se finale beregtiging gevind word nie, maar ander uitsprake, soos die US-geval, is openlik deur kenners as verkeerd beskryf.

Dié soort “geregtigheid” lei kort voor lank tot chaos. Op die oomblik is die optrede van Jansen, Kovsies se oudrektor, in ’n Stellenbosse boekwinkel in die nuus. Hy word veral in die sosiale media bitter erg gelooi. Heel duidelik meen die meeste reaksieskrywers dat Jansen aan homself onregmatig regte, ten koste van ander mense se regte, op grond van sy ras uit die transformasiedoelwitte opgeëis het. Hy plaas homself boonop op die morele hoë grond en die ander party, word à la boendoehofstyl veroordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Judge Dredd ·

Wigte en teenwigte ne Frikkie?
Wat het van al die teenwigte geword?

Pieter ·

Watse grondwet die een wat die ANC hulle nie aan steur nie

Anne ·

Nou sal Maroela maar die artikel in Engels moet vertaal. Sug… wonder of ouens soos Jansen nog so lekker in Afrikaans praat en lees? Dagdrome inderdaad. En so het almal die een graad op die ander en skryf die beste grondwet, maar pas mense wat ‘n kastige hoë intellek het dit werklik toe? Begryp hulle dit ooit? Lyk my SA ‘n land van titels sonder iets wat dit staaf. Wat is ‘n professor en ‘n regter werklik in ons land?

Feite ·

Kenners was reeds talle kere gemaan daarteen om nie slegs grondwetlike argumente te voer nie, maar ook ideologiese teen argumente, gestaaf deur feite, aangesien ons gewikkel is in n idee oorlog. Idees soos die wil van die massas (transformasie doelwitte) wat deur die regerende party uitgevoer moet word om die onreg van die verlede teenoor die massas reg te stel ten einde gelykheid te bewerkstellig asook dat die minderheidsgroep eintlik alles wat hulle het, onregmatig bekom het is idees wat met teen idees, feite en argumente teengestaan moet word omrede die grondwet nie die minderheidgroep teen die realiteite wat voorgehou word kan beskerm nie. Die wigte soos vervat in die grondwet word maklik getroef deur die realiteitsteenwigte idees wat deur vooraf klimaatskepping bewerkstellig word. Tans is transformasie nog redelik indirek, maar sodra dit meer direk raak met die implementering van verandering sal die realiteitsidees reeds gevestig wees en die botoon voer oor grondwetlike argumente en kennerskommentaar sal dan tot skadelose, maar negatiewe kritiek genegeer word!

shark ·

Noem dit liewer “GRONDSKEP”, die regerende party chop/change soos hul wil, hoop die buiteland merk dit op..

m.d.r. ·

Weereens ‘n uitstekende artikel Herman…!
Om oor die Grondwet kommentaar te lewer is ‘n reuse taak.
Daar word net te veel afgewyk van hierdie dokument wat dit reduseer na ‘n stukkie nuttelose papier.
Solank as artikel 9.2. daarin geskryf staan, kan mens maar vergeet van ‘n “Grondwet”.
Daardie artikel verseker die sogenaamde geskiedkundige “agtergeblewendheid” se geldigheid tot in die verste toekoms,
Dus is AA en BEE verseker as geldig vir ewig.
Wat die gedwonge Verengelsing op alle gebiede betref is die uitsprake van die konstitisionele hof baie duidelik ideologiese uitsprake….die regters aldaar is dus gewilliglik deel van die proses, en kan mens nie meer na ‘n Grondwet verwys nie.

Peet ·

Jy kan die wonderlikste Grondwet op die planeet hê op skrif , maar as gesagshebbers en in sommige gevalle die regstelsel hulle dit in klein blokkies verdeel om hulle narratief te pas, dan het jy eintlik nie ‘n grondwet nie.
We are living in interesting times. Veral as ‘n groep hulleself bokant enige reĕls van orde en ordentlikheid stel.

Bess ·

Die buiteland staan onder die heerskappy van verraaiers soos merkel en makron. Die buiteland sal die anc aanhou steun nes hulle mugabe vir 30 jaar gesteun het…

Jollie ·

Stoptekens word nie eens gehoorsaam nie, wat nog te se van die Grondwet.

Johann ·

Hier bestaan nog net die Groepsgebiede wet, die wet op Khoisans ja dit is al, al die pasboekwette is ook mos al geskrap. Die grondwet het dekades terug al gesneuwel.

KaterinaKat ·

Wel as n grondwet verander kan word om die regerende party te pas, is so n grondwet minder werd as toiletpapier.

Adam ·

Uitstekende rubriek uit Herman se pen. Die Grondwet het wel leemtes, maar dit is die minste van ons probleme. Die regering se totale minagting vir die Grondwet is waar die werklike probleem gesetel is. Ek wil gegewe my agtergrond nie ‘n openbare uitspraak oor die howe se vertolking van die Grondwet maak nie, maar dit is onteenseglik so dat die regbank nooit die uitvoerende gesag ter wille kan wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.