Nuuskommentaar: Peperduur petrol in plaas van water op die vuur van (wit en swart) rassisme

brand vuur vlam

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

In ’n land waar rassisme ’n probleem is, en die regering boonop deur sy rasbeheptheid rassisme stook en akuut lewend hou, het rubriekskrywers eenvoudig nie die luukse om die kwessie eenogig aan te raak nie, al is dit onbedoeld of op ’n bepaalde teikenmark gerig.

Hoe lekkerder ’n mens in die politieke dryfsand speel, hoe beter raak die kanse dat daardie dryfsand die speler gaan insluk. En, so blyk dit, maats wat die drenkeling te hulp probeer snel, saam insluk.

Die voorval wat tot die jongste debakel oor rassisme, en spesifiek wit rassisme gelei het, was ’n artikel op Netwerk 24 van prof. Anton van Niekerk, afgetrede hoogleraar in filosofie aan die US. In dié artikel het hy oënskynlik te velde getrek teen rassisme (nie spesifiek wit rassisme nie) en in die proses ’n lysie “rassiste” geplaas, maar net die name van wit mense gelys.

Maroela Media se reaksie hierop, as deel van ’n wyer ontleding, is vervat in ’n nuuskommentaar en kan hier gelees word. Onder die reaksies wat ook weer reaksie (gelukkig positiewe reaksie) ontlok het, was ’n artikel deur dr. Leopold Scholtz (hier).

Lesersreaksies wat Van Niekerk oor sy skynbare eenogigheid kasty, het hierna die diskoers oorweldigend oorheers. ’n Mens het net begin wonder of Van Niekerk dan nie gaan reageer nie, hetsy met iets ter verheldering, of ’n doodgewone verskoning vir ’n oomblik van breinfloute, of deur die skei agterstevoor deur die juk te loop druk.

’n “Verduideliking” ter verdediging van Van Niekerk het as brief op 25 Augustus 2019 op Netwerk24 verskyn. Die skrywer, self ’n bekende Stellenbosse filosoof, prof. Willie Esterhuyse, het die dryfsand egter net geroer en die probleem verdiep – deur in breë trekke aan te voer dat Van Niekerk die artikel vir ’n Afrikaanse nuusmedium geskryf het, en dit dus juis op “wit rassisme” gerig was. Die plasingsbeperking was dan die rede dat die gebruik van slegs wit name nie helderder verduidelik is nie.

Dit is vandag tien dae sedert die artikel wat soveel reaksie ontlok het op 17 September verskyn het. ’n Dag of wat tevore het Van Niekerk egter op Esterhuyse se brief teruggeval om sy omstrede artikel op die oog af onboetvaardig te verdedig. Hy maak dit duidelik dat alle rassisme uitgeroei moet word. Maar hy slaan ook die bal ver mis – hy meen die reaksie op die weglating van swart rassiste se name impliseer dat die kritici op sy skrywe meen omdat daar wit en swart rassiste is, is rassisme nie so erg nie. Hy span selfs die Engelse spreekwoord in, naamlik dat “two wrongs do not make a right”.

Nee, prof, enigeen wat die openbare diskoers in Suid-Afrika volg – en u is een – weet dat die gebrek aan die ewehandige hantering van rassisme in Suid-Afrika (veral deur die regering en sy instrumente soos die Menseregtekommissie) een van die hoofaandrywers van rassisme is. ’n Mens sou verwag dat iemand van u statuur dit sou snap en in die bespreking rassisme sou verreken. Voeg hierby ’n (erg misplaaste) opvatting van groepe en mense in die Fanon-dampkring dat swart mense per definisie nie rassisties kan wees nie, wat objektief self op erge rassisme neerkom.

Kortom, die oorsig om die lys tot wit beweerde rassiste te beperk, kon en sou deur byna almal in die byna uitsluitlike Afrikaanse “gehoor” van die keuse van die betrokke publikasies vertolk word as die implisiete steun van die Fanon-opvatting.

U, as gewaardeerde leser van Maroela Media, en periodieke deelnemer aan die lesersforum, mag dit interessant vind dat Maroela Media se argief in sy relatief jong bestaan reeds die woord “onewehandig” sowat 60 keer ingespan het. Ander woorde soos “ongelyke” word veel meer gebruik.

’n Besoek aan Netwerk24 se argief bied ook interessante leesstof oor hoe die fokus op ewehandigheid iemand soos Panyaza Lesufi en sy vreemde opvattings skerp laat deurloop, ook in hoofartikels.

Is die regering se rasbeheptheid nie dalk self die hoofkatalisator van die voortleef van rassisme in die land nie? Sodat dit selfs die Menseregtekommissie wil hof toe neem (en Solidariteit daarmee saam ingesleep) omdat die regering self nie ’n VN-verdrag wat meer as 20 jaar gelede deur die regering onderteken is en eers 20 jaar later geratifiseer is, en wat beperkings op die aanwending van ras plaas, nie instel nie.

Dit verg immers geen filosoof om te weet die rasseprobleem in Suid-Afrika gaan nie opgelos word deur kort-kort ’n stok in die perdebynes te gaan steek nie. Dit sal ook help as die politici met die leuen ophou dat die koestering van die kultuureie, soos “gewaarborg” deur die Grondwet, nie bedoel is om ras-uitsluitend te wees en dus rassisties is nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Elize ·

Weereens n puik, raakgevatte artikel deur Herman. Baie dankie.

Melanie ·

miskien moet ons net vir n slag saam staan en glad nie petrol ingooi nie!! ek weet dit is onmoontlik maar hel iewers moet iets tog gebeur.. ons is besig om vining te val

PJC ·

Ek wonder soms of prof Anton self alles glo wat hy soms kwyt raak. Speel hy vir ń spesifieke gehoor of wil hy maar net ń bietjie in “lime light” wees.

Jerry ·

In die eerste plek is daar nie veronderstel om n lys van wit rassiste te wees nie, maar nou dat daar wel n lys van wit rassiste is, moet ons nie optree asof ons deur wit rassiste ingetrek word deur in die bresse te tree vir wit rassiste nie. Daar is mense aan die linkse kant van die politieke spektrum wat n lys van wit rassiste sal voorhou en n lys van swart rassiste sal verdedig, dan is daar mense aan die regse kant van die spektrum wat n lys van swart rassiste sal voorhou en n lys van wit rassiste sal verdedig. Dan is daar mense in die middel van die politieke spektrum wat nie wit of swart lyste van rassiste sal verdedig nie, maar beide sal veroordeel vir die kwaad wat dit aanrig. Dit is baie duidelik dat Mnr van Niekerk onobjektief aan die linkse kant van die politieke spektrum staan. “You be the judge” van aan watter kant van die spektrum Mnr’e Scholtz en Toerien staan!

Kobus ·

Die geslag van di Allerhoogste moet uitgeroei word en alle moontlike maniere word hiervoor ingespan.

Implimente vir hierdie doel vind ons in die Bileams’ leer wat wereldwyd toegepas word. Ekonomiese Veknegting met die doel om dit vir die teikengroep onmoontlik te maak om te kan leef. Sielkundige Aanslag met die doel om die reg op self-bestaan te bevraagteken en te vernietig. Wetgewing wat loodreg teen die Allerhoogste se gebooie en verordeninge indruis (aborsie, tugtiging ens.). Ontneming van opvoeding (in moedertaal). Verdraaiing van die geskiedenis. Afgodery praktyke invoer (mammon, sport, ontspanning, wellustigheid ens.) So kan ons aangaan.

MAAR hulle het die God van bloedrivier vergeet, hulle het die God van Hiskia nie gereken nie, die God van Dawid gering ge-ag, die God van Daniel verwerp. Die Rots sal hul planne verpletter en op hul eie koppe laat afkom. Ons sal maar ‘n geringe deel van Sy optrede fisies help bevestig.

Drikus Kotze ·

Solank daar 11 “perdebyneste” (elk met sy eie taal, kultuur en gelowe) in hierdie land is, moet die ander 10 “perdebyneste” leer om wedersydse respek vir daardie (eie taal, kultuur en gelowe) te hê. Al is die “perdebynes” hoe klein, hulle gaan steek as jy daar karing. Die probleem is egter demokrasie – nou wil die grootste nes “perdebye” omdat hulle die meerderheid sê het, hulle idees op die ander neste afdwing – dit my liewe vriende gaan nie werk nie met EEN sekere tipe PERDEBY groep wat van 1652 hier nes gemaak het – die wit Afrikaans sprekende groep ( noem hulle Afrikaners, noem hulle Boer-Afrikaners, noem hulle Boere, man jy kan hulle selfs NATTE of SAPPE noem) hierdie lot wil nie in die smeltkroes van die grys reenboog afgetrek word nie. Selfs wigte en teen wigte gaan nie nou meer help nie. Hulle Skepper maak dat hulle nie kan vrot word soos die res van die ander perdeby swermpies nie. Sterkte met enige iemand wat dit wil probeer verander.

NANNIE ·

Kan die foto van die geagte professor geplaas word asb? Dat ons kan sien wie dit is?

Vaalseun ·

Dankie, Herman.

Anton, ook as teoloog, wil dalk vir ons verduidelik waarom die Tien Gebooie niks oor “rassisme” sê nie, as almal dan so “gelyk” is. NP van Wyk Louw het gesê dat die idee van die Franse Revolusie dat almal “gelyk” is, nog baie probleme gaan veroorsaak.

Anton wil dalk sommer ook vir ons verduidelik wat “gelyk” beteken, omdat die Tien Gebooie dit natuurlik ook nie doen nie. En het “gelyk” nou geleidelik “dieselfde” geword? Mag daar nie meer verskille wees nie? Ook nie van onaanvaarbare optrede deur sekere spesifieke groepe of persone nie, maar wel van ander? Mag dit nie ook uitgewys en fel of met skelwoorde gekritiseer word nie? Waarom nie?

En volgens watter morele beginsel definieër Anton dan “rassisme”?
Hy sê, “wat ookal die oorsprong van rassisme …” Nê? Vir ‘n geleerde filosoof in etiek klink dit vir my na ‘n te wankelrige en ongefundeerde uitgangspunt om enige morele beginsel op basseer, wat nog te sê van ‘n hoogs emosionele politieke afskrikmiddel en rookskerm soos “rassisme”?

Ek sou sê dat teoloog en etikus te meer versigtig moet wees om nie onwetend in die lokval van die skep en kaping van konsepte of ideologieë te trap nie. Veral nie wanneer sulke konsepte en ideologieë eintlik bedoel blyk te wees
om die afskrikmiddel en rookskerm te verskaf waaragter opportunistiese en korrupte politici hulle strooptogte kan verberg en uitvoer nie.

Rupert Ashford ·

Die probleem Vaalseun, is dat daar deesdae nie meer sondermeer aanvaar kan word dat die groeperinge “teoloog” en “Christen” 100% oorvleuel nie. En dan het ons nog nie eers die begrip “etiek” in die gesprek ingesleep nie.

Koos de Meyer. ·

Aag siestog, party mense hou daarvan om te kruip. Seker maar eers kruip voor jy oor loop.

JohanL ·

Soos ek verstaan na bietjie ge-gorrel (Google) het, is Fanon iets wat “amper as waarheid” aanvaar word agv herhaling. Let wel dit is nie feitelik die waarheid nie. Fanon is teenoorgestelde van Canon, wat feitelik waar is. Dit hoe ek dit verstaan.

James ·

Drikus jy is so reg.
Hierdie arme Anton maaifoedie is so ‘n lib en skerm net vir sy behoud.
Hy gaan egter nie by ons aanvaar word nie en die anc gaan hom ook opkou en uitspoeg -en dan volg hy die menigtes wat alreeds uitgespoeg is.
Hy is al klaar ‘n verloorder -en ek noem hom bagasie – hierdie bagasie moet ons van ons rugte afkry.
Hulle hoort nerens nie – hulle besef dit nog net nie.

Stephan de S ·

@ Nannie dis die professor in oa etiek wat die eerste jaar studentjie wat n April-grappie (slurpie)met hom gemaak het, amper getimmer en geblaai het en toe n Malan-kêrel hom later timmer, gerieflik hof toe gegaan het.

Olivier Henning ·

Die twee Stellenbosch professore Esterhuyse en Van Niekerk beweer hul kritici mis die punt van hulle betoog dat Afrikaners almal inherent rassiste is.

Ek wil saamstem dat daar wel rassiste onder ons is en onder ons voorsate was, maar na my mening is dit ‘n klein onbenullige getal, wat individueel aangespreek kan word.

Van Van Riebeeck se tyd af het die voorsate van Afrikaners besef dat die mense wat hulle hier in Suider Afrika aangetref het, nooit blootgestel was aan lewensbeginsels wat ons as “beskaafd” beskou het, soos Etiek, as basiese beginsel; Integriteit; Verantwoordelikheid; Respek vir wette en regulasies; Respek van die meerderheid burgers vir mekaar; Liefde vir werk; ‘n Poging om te spaar en te investeer; Die wil om produktief te wees; Stiptelikheid.

Al hierdie lewensbeginsels het ons voorsate oor duisende jare aangeleer, terwyl die mense van Afrika nooit daaraan blootgestel was nie. Die bedoeling was nog altyd om hierdie lewensbeginsels by hulle te kweek – nie omdat ons rassiste was nie, maar omdat ons dit as ons Godgegewe plig beskou het. Ons het foute gemaak, maar slegs diegene wat niks doen nie, maak nie foute nie.

Omdat ons nie in die tydraamwerk wat ons gehoop het, kon regkry wat ons wou doen nie, beskuldig Van Niekerk en Esterhuyse ons nou van rassisme! Dit verwerp ons met verontwaardiging

Stephan de S ·

@Olivier Henning…..uitstekende kommentaar. Jy som dit so goed op. Die persoon wat hd ontwikkelingsposes ontken kan nie ernstig opgeneem word in hd debat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.