Tekenprent: Die Twitter-polisie hou wag…

ʼn Herrie het op sosiale media losgebars oor ʼn foto wat wys hoe swart en wit leerders glo van mekaar geskei word by ‘n laerskool in Noordwes en die skoliere en betrokke onderwyseres het deurgeloop.

Die tekenprentkunstenaar Jerm se beskouing van die gebeure:

Tekenprent deur Jerm

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JohanL ·

Enkele gedagtes wat by my opkom.
– miskien is ek dom, maar ek “vang nie” die boodskap van die spesifieke spotprent nie.
– ons nasie is “redelik bekend” dat ons die “galge humor” raaksien om so die betrokke situasie te probeer “beter verwerk”. Of daar regtig humor in die situasie was, gaan mense oor verskil.
– is die feit dat die onderwerp ter sprake ‘n sogenaamde “rassitiese insident” was, wat die spotprent nou ook die teiken maak van kommentaar?

Feit is dat die LUR opgetree het asof hy alle mag in sy hande het. Geen respek vir prosedure ens nie. Om nie eers te praat van die EFF nie.

Swanna ·

Baie swak. Ek weet nie maar dit lyk of die onderwyseres die tiran is, dit is die uitbeelding wat ek sien, so hy sê dat die persoon wat nou in die nuus is ook ‘n rassis is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.