Die polisie in die Wes-Kaap het ‘n ondersoek van stapel gestuur rakende die dood van ‘n polisiebeampte van die Paarl wat glo selfmoord gepleeg het.
Volgens berigte het die 38-jarige Jonathan Dampies Saterdag die Mbekweni-gebied saam met kollegas gepatrolleer toe die voorval plaasgevind het. ʼn Polisiewoordvoerder November Filander sê Dampies het na bewering sy wapen uitgeruk en homself in die kop geskiet terwyl hy in die polisiemotor gesit het. Hy is op die toneel dood. Volgens berigte was Dampies 17 jaar getroud en word hy oorleef deur sy vrou en twee seuns. Meer as 50 polisiebeamptes is reeds vanjaar dood – EWN