Oscar Pistorius kry forensiese kenners van VSA

Oscar Pistorius op 19 Augustus 2013 in die Pretoriase landdroshof Foto: Werner Beukes/SAPA

Oscar Pistorius op 19 Augustus 2013 in die Pretoriase landdroshof Foto: Werner Beukes/SAPA

Forensiese ondersoekbeamptes van Amerika gaan die moordverdagte, Oscar Pistorius, se regspan bystaan om voor te berei vir sy verhoor wat volgende jaar afskop.

“Ek kan bevestig dat ʼn span forensiese kenners van Amerika saam met die verdedigingspan werk,” het Anneliese Burgess, die familie se woordvoerder, gesê.

“Dit is standaard praktyk om saam met kenners te werk tydens die voorbereiding van ʼn verhoor.”

Sy het gesê dat die ondersoekbeamptes saam met Pistorius se prokureurs Maandag by Pistorius se huis in Pretoria byeengekom het.

Burgess het gesê dat sy nie oor meer besonderhede van die ondersoekbeamptes se werk kan kommentaar lewer nie.

Oscar word daarvan aangekla dat hy sy meisie, die model Reeva Steenkamp, op Valentynsdag by sy huis in die ooste van Pretoria doodgeskiet het. Tydens sy borgtogverhoor het hy aangevoer hy het haar as ʼn inbreker aangesien. Hy is tans uit op borgtog van R1 miljoen.

Die moordverhoor skop op 3 Maart af en behoort tot 20 Maart te duur. Die staat het aangedui dat hy 107 getuies gaan roep om te getuig.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
giel

Ek dink dit is n goeie ding dat hulle kom want dalK sien hulle iets raak wat S.A se saps dalk nie raak gesien het nie en die saak nog warmmer maak

Dries

Ja, sodat hy op een of ander obskure tegniese punt kan loskom, al weet hy voor sy siel hy’s skuldig!!! Dis tipies van enige goeie verdediging. as hulle weet hulle kliënt is skuldig. Waarvoor vat dit ook so lank vir die saak om voor te kom?? As dit enige van ons “gewone” mense was, sou die saak al lankal verby gewees het!!

Meneer

Sterkte, Oscar. Jy het die reg om jou onskuld te bewys. Ek hoop en vertrou dat geregtigheid sal seëvier. Ten minste betaal jy jou eie regskoste. Daagliks word gesinne uitgewis deur rowers. Ek kan regtig nie sien wat maak Reeva so spesiaal nie. Daar is letterlik honderde ander mense wat vermoor word soos diere.

Sommer net ek

Man kom ons staan stil en wees eerlik…hiervan gaan nie veel kom nie! Uit Amerika uit gaan hulle die howe wat onbevoeg is hier in Suid Afrika so gooi, julle gaan net kom sien. Tot vandag toe nog weet ek nie hoe ek voel oor wat hier gebeur het nie – en dan weet ek ook – ek kan nie die man skuldig maak voor die “hof” nie so sê nie. Net hy sal werklik weet wat 14 Feb 2013 gebeur het. Vir baie van ons – gaan ons graf toe sonder dat ons ooit sal weet – wat het… Lees meer »

Ekke

Al was dit ‘n inbreker, het Oscar geen reg gehad om ‘n inbreker wat homself in die toilet toegesluit het, te skiet nie.