Die Gautengse polisie monitor steeds Khutsong naby Carletonville nadat ses mense grusaam oor die naweek vermoor is.
“Die situasie in Khutsong is kalm, maar daar is steeds ʼn sterk polisieteenwoordigheid om die situasie te monitor,” het brig. Neville Malila Donderdag gesê.
Die ses mense, waaronder ʼn sangoma, is Sondag vermoor nadat sowat 400 mans in die gebied vergader het oor bendebedrywighede in die omgewing. Hulle het daarna in groepe verdeel en die ses slagoffers aangekeer. Daar is glo paraffien oor vier van die slagoffers uitgegooi, waarna hulle aan die brand gesteek is. Twee van die slagoffers is gestenig.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie, en twee van die liggame moet nog geïdentifiseer word.
Lees ook:
Niemand nog vas vir ses se gru-moorde nie
Polisie ondersoek nog moord op “bendelede”
Inwoners glo vermoor oor bendebedrywighede