Die DA sê Riah Phiyega, nasionale polisiehoof, kan nie diegene wat die polisie kritiseer vir die onlangse vlaag polisiemoorde blameer nie.
“In stede daarvan om sondebokke te soek en afstand van haar verantwoordelikheid te doen deur haar probleme weg te wens, moet Phiyega eerder misdaad reg van voor pak,” het Dianne Kohler-Barnard, DA-LP, in ʼn verklaring gesê. “Polisiebeamptes is noodsaaklike lede van ons gemeenskappe. [Polisieminister Nathi] Mthethwa en Phiyega moet bekend maak wat hulle gaan doen om beter beskerming aan polisiebeamptes te bied.” Die DA se reaksie kom nadat Phiyega Maandag gesê het dat kritiek op die polisie tot vyandigheid lei onder beamptes en hulle gemeenskappe. Phiyega het die uitlatings gemaak tydens ʼn polisiegedenkdiens in Kuilsrivier in die Wes-Kaap.
Laat daar n gesonde weermag saam met die Polisie optree om die wet af te dwing en die mag van die weermag om weer respek in die land te kry. As ondersteuning vir mekaar kan dinge in land verbeter.
Hulle het misdaad laat handuit ruk en noudat die polisie ook deurloop moet almal wat onskuldig is weer die pakslae vat
Dit gebeur as ‘n bank amptenaar ‘n polisiehoof word. Jy kan net ‘n Kommissaris word as jy van onder deur die range gekom het, en dan bedoel ek nie dat ‘n skoen joiu tot daar geskop het nie! Mense wat so vinnig die blaam verskuif is gewoonlik nie bevoeg om die posisie te beklee nie. As sy dit waardig was, en Mthethwa inkluis, sou jy geweet het hoe om wet en orde te handhaaf. Ek weet, ek was daar….