Regstreekse gesprek:  Die presidensiële penarie

Maroela Media gesels met dr. Theuns Eloff, prof. Andre Duvenhage en dr. Pieter Mulder.Volgens die bevindinge van die artikel 89-paneel van ondersoek na gebeure op Phala Phala is daar genoeg prima facie-bewyse om Ramaphosa in ʼn staat van beskuldiging te plaas. Die nasionale vergadering (NV) van die parlement moet eerskomende Dinsdag besluit of hy die verslag gaan aanvaar en verder gaan optree deur die instelling van ʼn artikel 89-ondersoek.

Christel Cornelissen, senior joernalis by Maroela Media gesels met dr. Theuns Eloff, onafhanklike politieke kommentator, prof. Andre Duvenhage, navorsingsdirekteur by Fokusarea Sosiale Transformasie en dr. Pieter Mulder, voormalige VF Plus-leier en politieke kommentator om uit te vind hoe die drama homself gaan uitspeel. Wat is die ANC se pad vorentoe? Hoe beïnvloed dit interne faksievuisgevegte in die aanloop tot hul leiersverkiesing? Hoe ver gaan die skokgolwe van dié sage in die politiek uitkring?

Volg die regstreekse uitsending op Maroela Media se Facebook-blad Maandag 5 Desember om 16:30. Die video sal ook onderaan dié artikel beskikbaar wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Manie ·

Dit lyk vir my asof Frazer ‘n veel groter nes oopgekrap het as net Ramaphosa se Phala Phala. Wat van die meer as 1 mijjard rand wat die afgelope aantal jare skelmpies die land ingesmokkel is vir die ANC? Is dit ooit verklaar en wat het daarvan geword? Die ANC as politieke party behoort hieroor vervolg te word en as regeerders te bedank.

Republikein in die Wes Kaap ·

Phala Phala is die ore van die seekoei.

Owlie ·

Daar is n gesegde ” what’s good for the one is good for the other” As die een kan kibbel oor skuldig bevinding kan die res van die wêreld se skuldige korruptes ook kibble.
Maak n skoon begin en haal almal wat aan een of ander vorm van korrupsie deel het uit die parlement en begin skoon oor.

Rupert Ashford ·

Jy reken. Daar sal weinig, indien enigiemand oor wees in die Kaap in by daai wat gebou…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.