Regstreekse gesprek: Waarheen is SA ekonomie ná Covid-19 op pad?

 regstreeks_post-covid_-2-oktober-01.jpgDie Covid-19-pandemie het Suid-Afrika getref in ʼn tyd toe ernstige krisisse reeds die meeste lande se fiskale beleidstellings ernstig beperk het.

Die skuld van die openbare sektor het die afgelope paar jaar wêreldwyd die hoogte ingeskiet soos owerhede gepoog het om ekonomieë te stimuleer terwyl belastingontvangste in duie gestort het.

Dit veroorsaak dat die druk ál groter word op fiskale beleid om meer aan gesondheid en die armes te bestee en die verskynsel is plaaslik ook sigbaar.

Kenners meen die instelling van ʼn minimumloon, of ʼn basiese inkomstetoekenning, sal waarskynlik in die toekoms ʼn permanente fokuspunt word en dit sal onvermydelik die rol van die staat voortaan verder uitbrei namate regerings bewus word van die behoeftes van sy burgers.

Daar word nou verwag dat die Suid-Afrikaanse ekonomie in 2020 met sowat 6,5% sal krimp. Dit is die grootste inkrimping in byna 90 jaar.

Vir talle Suid-Afrikaners lyk die vooruitsigte ná Covid-19 nie rooskleurig nie en is daar baie vrae oor waarheen die land op pad is.

Wat is ons Suid-Afrikaners se ekonomiese en politieke vooruitsigte, en wat hou dit vir die regering se planne oor die nasionale gesondheidsversekering (NGV) in? Hoe veilig is die land se pensioenfondse en sal dit gebruik word om die staat se tekorte en planne te finansier?

Paul Maritz gesels regstreeks oor dié en ander kwessies met Connie Mulder, hoof van Solidariteit Navorsingsinstituut, Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, en Hermann Pretorius, adjunkhoof vir beleidsnavorsing van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge.

Volg die regstreekse uitsending van hierdie gesprek Vrydag 2 Oktober om 12:00 op Maroela Media se Facebook-blad. Die video sal ook onderaan hierdie artikel beskikbaar wees.

Nooi gerus kollegas, familie en vriende wat jy dink saam behoort te kyk.

Waarheen is SA ekonomie ná Covid-19 op pad?

Vir talle Suid-Afrikaners lyk die vooruitsigte ná Covid-19 nie rooskleurig nie en is daar baie vrae oor waarheen die land op pad is. Wat is ons Suid-Afrikaners se ekonomiese en politieke vooruitsigte, en wat hou dit vir die regering se planne oor die nasionale gesondheidsversekering (NGV) in? Hoe veilig is die land se pensioenfondse en sal dit gebruik word om die staat se tekorte en planne te finansier? Paul Maritz gesels oor dié en ander kwessies met Connie Mulder, Piet le Roux en Hermann Pretorius.Maak jy in dié tyd staat op Maroela vir betroubare, gebalanseerde nuus en gesprekke wat jou ingelig hou soos hierdie een? Maak 'n finansiële bydrae om Maroela te help om hiermee vol te hou. Besoek https://maroelamedia.co.za/donasies/ om meer te lees oor hoe jy Maroela kan ondersteun.

Posted by Maroela Media on Friday, October 2, 2020

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Stefan ·

Volgens my is daar 3 moontlikhede wat gaan gebeur, die staatsdiens halveer (gaan nie gebeur nie) die gelddrukperse laat oortyd werk of die pensioenfondse kaalstroop (in albei gevalle bly niks vir ons oor nie.
Ek weet nie van enige ander ‘oplossings’ nie, die land kon nie eers bestaan voor die Corona nie en nou sit ons met SARS wat wasrskynlik net die helfte gaan inkry en ‘n R500 biljoen ekstra rekening vir Corona verligting.
En dan moet die stastsdiens natuurlik nog ‘n hoër as inflasie verhoging kry.
Ons is met aan sekerheid grensende waarskynlikheid gedoem.

Mariana ·

Covid moet eers weg of liewer alle beperkings dan sal mens weer kan begin lewe. Te veel soustreine nog in beweging.

annie ·

Die ergste van alles is dat ons nie na nèrens op pad is nie… en vinnig, Covid-20 is’n praktiese bewys van die gevaarlike denke van die ANC. Dadelik word 500 milj spaargeld sonder goeie beplanning roekeloos uitgedeel aan wie-ook-al en daarna volg kamma groot verbasing. Nou gaan Cyril sy droomstad realiseer terwyl woedende uniebase voor hul vol boekrakke op Skype hul eise vir immer meer uitgorrel. En die bevolking groei met rasse skrede… hoor hoe kraak die vere…beee, beee….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.