10-jarige glo as dwelmmuil gebruik

Die Mandrax-tablette waarop daar beslag gelê is. (Foto: SAPD)

Oos-Kaapse polisiebeamptes was geskok toe hulle op ʼn wenk oor dwelmhandel gereageer en die dwelms in ʼn 10-jarige kind se besit aangetref het.

Kapt. Lariane Jonker, woordvoerder van die polisie, sê die SAPD wil hierdie geval gebruik om ouers te waarsku om altyd betrokke te wees by hul kinders se doen en late.

“Cookhouse se eenheid vir sigbare polisiëring het Saterdag inligting ontvang oor ʼn groot besending Mandrax-tablette wat vanaf Port Elizabeth na Somerset-Oos in ʼn minibustaxi vervoer word. ʼn Padblokkade is opgestel en 500 Mandrax-tablette is tydens die operasie in ʼn 10-jarige seun se besit gevind,” het Jonker gesê.

“Die tablette is in ʼn skooltas weggesteek en het ʼn geraamde straatwaarde van R30 000. Die minderjarige is in ooreenstemming met die Kinderwet hanteer en intussen in sy ouers se sorg vrygelaat.”

Brig. Madoda Zamkana, bevelvoerder van die SAPD se Cradock-groepering, het sy skok uitgespreek oor die voorval. Hy het ouers gewaarsku om hul kinders fyn dop te hou, aangesien kinders deur gewetenlose dwelmhandelaars geteiken word om dwelms te vervoer. Sodoende probeer die handelaars skuldigbevindings en vonnisse as volwassenes omseil.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Katryn ·

Kind in sorg van ouers gelos hoe kon hulle nie weet waar is hulle 10jarige kind en wat hy doen nie is hulle dalk betrokke

Marlene Bothma ·

Fantasties! Ouers is waarskynlik betrokke en word beloon vir die kind se “hulp”

HM ·

Daardie kind se lewe moet in gevaar wees. Daardie handelaars vernietig baie lewens baie gesinne. Straf nog te lig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.