11-jarige van Limpopo vermoor

Argieffoto bloot ter illustrasie. 

’n 11-jarige meisie se lewelose liggaam is vandeesweek in die omgewing van Burgersfort in Limpopo gevind.

Haar ma se gewese vriend sal na verwagting Vrydag in die plaaslike landdroshof in verband met die moord verskyn.

Hy is na bewering laaste in die kind se geselskap gewaar en het selfs sy gewese vriendin na haar kind help soek toe sy vermis geraak het.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê Kgothatso Defny Dibakoane het Dinsdag omstreeks 15:00 saam met maats buite haar ouerhuis in die Praktiseer- informele nedersetting gespeel. Haar ma se gewese kêrel het verbygestap gekom en Kgothatso het hom genader.

Die twee is daarna saam vort.

Kgothatso se ma het later bekommerd geraak toe dit laat raak en sy nie huiswaarts keer nie.

Die bure het haar ma daarvan ingelig dat die meisie saam met dié man weggestap het. Kgothatso se ma is dadelik na haar gewese vriend se huis om hom te konfronteer. Hy het egter volgehou dat hy nie weet waar Kgothatso is nie en selfs gehelp om na haar te soek.

Kgothatso se liggaam is Woensdag omstreeks 10:00 in die bosse gevind. Voorlopige inligting dui daarop dat sy moontlik verkrag is voordat sy vermoor is.

Die verdagte is kort daarna in hegtenis geneem nadat forensiese bewyse hom met die moord verbind het.

’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van Kgothatso se dood te bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Driekus ·

Hier gaan geen BLM kwessies wees nie , Slegs Gender Based Violence………Hulle trek die saak aan soos dit hulle pas.

Belinda ·

Maak nie saak wie wie beskuldig, BLM, Gender Voilence whatever. Mens wonder net as dit die x-boyfriend was dan wonder jy wat het hy gedoen toe hy saam die ma nog was of watse siek gedagtes hy gehad het. Dis net siek. En die feit dat hy kamstig nog “help”soek het ook gaan my verstand te bowe.

Nie Verbaas ·

Baie waar. Dit is skokkend hoe min n lewe werd is vir sekeres. Wat gaan in so “mens” se kop aan of glo hulle ook dit is net nog n reg wat hulle toekom?

Heinrich ·

Ek mis die doodstraf. In die hande van van die ANC is dit egter gevaarlik, maar met onteenseglike DNS bewyse mis ek dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.