13 kinders in ongeluk beseer

(Grafika via Pixabay)

Dertien kinders is Donderdagmiddag beseer toe ʼn ligte motor hulle in La Rochelle in die suide van Johannesburg hulle getref het.

“ER24 en ander nooddienste het omstreeks 14:45 by die toneel opgedaag,” sê Russel Meiring, woordvoerder van ER24. “ʼn Ligte motor het teen ʼn straatpaal vasgery.”

Verskeie kinders het op die sypaadjie gelê. “Twaalf kinders, tussen 8 en 13 jaar oud, het geringe tot matige beserings opgedoen. ʼn Dertiende kind is in ʼn kritieke toestand.”

Die kinders is na nabygeleë hospitale geneem vir dringende behandeling.

“Die bestuurder van die motor het na bewering beheer verloor oor die motor. Hy het op die sypaadjie beland en die kinders getref.”

Plaaslike owerhede stel verder ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

efjy ·

As jy kinders in die pad sien verminder jy dadelik spoed. Spesifiek as daar ten minste 10 kinders in ‘n bodel loop.

Sarel ·

Beheer oor die Motor verloor??
Hoeveel kinders was nou al die afgelope tyd in ‘ Ongelukke” beseer of het gesterf

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.