155 dae van beurtkrag en nóg kom

Eskom se Ingula-pompopgaarskema. (Foto: Eskom)

Suid-Afrikaners is sedert 1 April aan 141 dae van beurtkrag onderwerp en veel meer is op pad.

Jan Oberholzer, bedryfshoof van Eskom, het Dinsdag by ʼn terugvoersessie oor die stand van die kragnetwerk gewaarsku Eskom het bloot nie nog geld vir diesel nie. Die maatskappy het vanjaar reeds R12 miljard aan diesel bestee om die ligte aan te hou.

“Ons het nie meer die geld om vanjaar diesel te verbrand nie,” het Oberholzer gewaarsku.

Oberholzer sê onbeplande instandhoudingswerk, wat bygedra het tot die 155 dae van beurtkrag wat sedert die begin van Januarie ondervind is, is ʼn bron van groot kommer. Tot dusver is daar swaar gesteun op Eskom se twee oopsiklus-gasturbines om die fases van beurtkrag te beperk, maar dit het beteken miljoene liters diesel is benodig.

Die aanvanklike begroting vir diesel het op R6,1 miljard gestaan, is later tot R11,1 miljard aangepas en het reeds die R12 miljard-kerf verbygesteek.

“Ons gaan gedwing word om beurtkrag in te stel omdat ons nie die geld het om diesel te verbrand teen die koers wat ons tans doen nie.”

Wanbetalende munisipaliteite skuld Eskom R53 miljard.

“Munisipaliteite moet hulself afvra wat hul bydrae tot beurtkrag is,” het Oberholzer na dié plaaslike owerhede gekap.

Hy sê daar was hoegenaamd geen beleidsverandering oor die gebruik van diesel nie; daar is bloot net nie meer geld nie.

Oberholzer het Suid-Afrikaners ook die versekering gegee dat alle faktore, ook verkeersprobleme en leerders wat eksamen moet skryf, oorweeg word wanneer beurtkrag ingestel word en dat Eskom nie onverskillig staan teenoor of ongevoelig is oor die uitwerking van beurtkrag nie.

Die kragvoorsiener sê egter tensy bykomende kapasiteit nie by die netwerk gevoeg en bedryfsteurings verminder word nie, bly beurtkrag in die vooruitsig.

Groot projekte kan beurtkragfases vererger

Oberholzer sê groot kapitaalbeleggings, die kwesbaarheid en onvoorspelbaarheid van die netwerk en instandhouding- en herstelwerk wat vir die volgende paar maande beplan word, gaan beteken dat die risiko van beurtkrag hoog bly en selfs vererger.

Net die beoogde projekte sal beteken 2 300 MW kapasiteit moet aan die netwerk onttrek word.

Koeberg se eenheid een, wat die afgelope 384 dae krag lewer, sal volgende maand vir roetine-instandhoudingswerk en hervulling afgeskakel word, terwyl drie stoomopwekkers ook vervang gaan word. Dit word gedoen as deel van Eskom se aansoek om Koeberg se bedryfslisensie te verleng.

Die eenheid is een van Eskom se betroubaarste en sal na verwagting in Junie volgende jaar weer in bedryf gestel word. Tot dan beteken die afskakeling egter dat 920 MW opwekkingskapasiteit nie beskikbaar gaan wees nie.

Koeberg se eenheid twee is weer in diens gestel ná ʼn gedwonge afskakeling.

By die Kusile-kragsentrale het ʼn besluit om die herindiensneming van eenheid twee en drie as voorsorgmaatreël te vertraag, verdere verdriet met opwekking veroorsaak. ʼn Strukturele  ineenstorting van ʼn skoorsteen by eenheid een verlede maand was ʼn “groot terugslag” vir Eskom se pogings om die energiebeskikbaarheidfaktor (EAF) (wat tans op 58,53% staan) te verhoog.

“Die verlies van die Kusile-eenhede het bykomende druk op ʼn reeds oorspanne opwekkingstelsel geplaas,” sê Oberholzer. In hierdie stadium is eenheid vier die enigste wat by Kusile gebruik word.

Die ondersoek na die oorsaak van die ineenstorting duur voort en die hulp van spesialiste en toerustingvervaardigers is ingeroep om te bepaal hoe vinnig die herstelwerk gedoen kan word. Oberholzer maan nietemin dat dit nog maande gaan duur voor die eenhede weer aanlyn gebring kan word.

“Dit is die werklikheid daarvan om ʼn vervalle opwekkingstelsel, met geen reserwemarge nie, te bedryf. Elke enkele onklaarheid druk die hele stelsel tot op die afgrond. Die verlies aan kapasiteit, selfs al is dit tydelik, gaan die somer uitdagend maak, veral omdat dit die kruin van ons beoogde instandhoudingstydperk is. Verskeie eenhede by verskeie kragsentrales moet afgeskakel word om broodnodige instandhoudingswerk te doen,” sê Oberholzer.

Tot Eskom nie die groot eenhede weer aanlyn kan bring nie, gaan die stelsel voortsukkel om in die vraag na krag te voldoen – ʼn situasie wat nog tussen ses en 12 maande kan duur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

CHRISTINE ·

Hoekom word die sonkrag wat terug in die grid gesit word, nie gebruik nie??
Daar is oral sonpanele maar miljarde word eerder op Diesel spandeer, of sit ek die pot mis.
Die ANC kartel het alles net onplesierig gemaak en hou net aan. Terroriste.

Louis ·

Jy klink vir my soos een van daardie mense wat AANDRING op ander mense se boorgat water wanneer daar droogte heers maar nie self jou eie boorgat sal sink nie.

Antie Sarie ·

Vraag en aanbod. As ek nie beskikbare water het, maar aanbied om by my buurman boorgat water te koop soos nodig, is daar fout mee?

VaalDonkie ·

Daar is relatief min krag wat deur sonpanele verwek word as jy dit vergelyk met diesel op hierdie stadium. Maar dit kan in elk geval nie gestoor word nie. Of jy gebruik die sonkrag NOU, of jy verbeur dit wanneer dit aand word.

Andre ·

En hoe gereeld gaan die hernubare krag wat slegs gedurende die dag werk moet vervang word?

Antie Sarie ·

Hoe lank hou die batterye? Koste vir vervanging? En hoe gaan jy jou toilet spoel? Sonder eskom is daar geen lopende water

Tersia ·

Ons sonkrag, wat deur die dag verwek word, word in batterye gestoor vir gebruik in die aand.

Kirst ·

Hier is vir jou ‘n ernstige antwoord CHRISTINE. In sommige munisipaliteite (bv Kaapstad) word oortollige sonkrag by huishoudelike- en besigheidsopwekkers gekoop en in die netwerk ingevoer. Daar is ook die opsie by sommiges om ‘n tweerigting meter te installeer. Dit tel terug deur die dag as jy sonkrag invoer in die netwerk sodat jy die aand minder waarvoor jy betaal gebruik wanneer die son nie skyn nie. Dis natuurlik nie 1 tot 1 nie, en die munisipaliteit maak ‘n wins op die elektrisiteit, maar dis steeds ‘n wen-wen vir krag wat andersins verlore sou gaan. En dit verminder die las op Eskom. Ongelukkig maak nie alle munisipaliteite se beleide al voorsiening daarvoor nie.

Dup ·

So,wat is nuut Eskom…? Julle moet ñ lekker KERSfees saam met ons hê….

Antie Sarie ·

Ek verstaan nie waarom wanbetalende munisipaliteie die probleem is nie. Beide is regerings instansies. Het nog nooit in vorige regering so gewerk nie. Enigste huidige oplossing is dat die publiek direk aan eskom betaal.

Johann ·

Die absolute blazé manier van Eskom om SA in te “lig” oor die DISHOEDITIS?

Di ·

En WIE moet ons hiervoor bedank? ANC KORRUPTE SPUL KADERS. Nou is de Ruyter intussen daar aangestel en AL DIE SKULD van JARE SE NIE instandhouding word nou op hom blameer!

Blue Butterfly ·

Sal maar nou solank my skaapboud in die oond sit. Dalk is dit teen Kersfees gaar…

VaalDonkie ·

Jy moet probeer skaapboud op die Weber rook. Vat so ses ure, maar dis heerlik.

Anel ·

Maar hulke wil Soweto se miljarde skuld afskryf. En aanhou om vir hulle krag te voorsien. En ons ander moet dat verhoogde pryse betaal!!!! Siek man!!! Dankie anc!!!!!!!

Jaco ·

Niemand kan my vraag beantwoord nie: waarom duur ingevoerde diesel gebruik as SA dan wel genoeg goedkoop steenkool het? Iets maak nie sin nie.

Andre ·

Ons sal .maar aanhou sukkel sodat die weste kwaliteit steenkool kan kry.

Manie ·

Ek vermoed daar is baie steenkool gedrewe eenhede wat buite werking is, dus maak dit nie saak of daar voldoende steenkool is aldan nie. Die diesel turbines werk nie met steenkool nie, dis al afleiding wat ek kan maak.

Antie Sarie ·

Net soos niemand my kan antwoord oor waarom munisipaliteite rekeninge kry. Waarom word jan publiek se geld nie direk in die eskom rekening inbetaal nie. Dan is daar mos geen agterstallig?

Ann ·

Voel soos die covid tydperk…..beurtkrag gaan seker ook so lank wees, kani eers n geni hardloop nie want petrol pryse is ook die hoogte in.

MakersMark ·

Eers breek als, nou is die diesel op want die geld is op. Wat ‘n sirkus. Verstaan die bestuur basiese konsepte soos begrotings, logistiek, verskaffings bestuur, voorkomende onderhoud ens ? Of is hul posbusse wat die resultate van hul onbevoegdheid op gereelde basis aan die betalende publiek probeer regverdig ?

VaalDonkie ·

Ek dink dis eenvoudig net ‘n geval van Eskom wat wil “groen” gaan en enige verskoning gebruik. Ek dink ons land word afgepers om groen te word en hulle wil niks vir die publiek se nie.

Keelvol ·

Dit kom alles neer op n patetiese bestuur….. daar word aangekondig dat ons moet regmaak vir 155 dae van load shedding asof dit iets is om op trots te wees.

Julle huil oor die wan betaling van munisipaliteite maar gee vir soweto n very hand. Sny soweto se krag.

Volgende jaar wil die bestuur n 32% verhoging hê maar Kan nie eers die opwekkings eenhede wat “onklaar” geraak het weer aanlyn bring nie. Uiters pateties.

Wanneer skrik die spul wakker en bou kusile en Medupi klaar?

Nee wat…… die bestuur is n onbevoegde spul.

Henk ·

Kusile en Medupi was reg ontwerp maar die kader ingeneurs van Eskom het die bou daarvan opgeskroef. Hulle kon nie die planne lees nie en het verskeie flaters goedgekeur. Hierdie inligting is net binne Eskom bekend.

Kokkies ·

Stel beurtkrag in by die munisipaliteite wat Eskom geld skuld en die wat op datum is met hulle skuld, geen beurtkrag .

Antie Sarie ·

En die publiek by daardie munisipaliteite wat hulle rekeninge getrou betaal?

Elma ·

Ja en so tjop die verbruiker af. Die duisende rande wat ons spandeer om ons generators aan die gang te hou sodat ons kinders kan swot en eet, is maar okay. Né Eskom. Ons sakke is mos nie plat nie.

Papsak ·

JA NEE KYK HULLE HET ONS NOU WAAR HULLE ONS WOU GEHAD HET HULLE GOOI ONS IS DIT NIE COVID NIE NOU IS DIT WAYER EN KRAG HULLE DINK HULLE IS OULIK MAAR HULLE MOET NET WEET DIT IS MENSEREGTE WAT HULLE SKEND GEMORS MAAR HULLE FAMILIES SIT SAAM IN DIE GEMORS DANKIE DAT JULLE SA WEG REGEER HET GEMORS

Vonny ·

Installeer Solar mense.
Daar is beginners pakkette ook!
Ons het dit gedoen en
Verlang glad nie na eskom krag!!!
Die BESTE DING OOIT SEDERT chappies
Bubblegum.
Weet nie eens meer wanneer is
Loadshedding……!

Henk ·

Daar is nie ‘n ding soos onbeplande instandhouding nie. As ‘n ding breek is dit stukkend, gewoonlik as gevolg van swak of geen instandhouding.

Dana ·

Ek is tans met vakansie en hier in die vakansieoord is GEEN beurtkrag nie, aangesien hul kragopwekkers het wat dadelik inskop wanneer krag afgaan. Wat ‘n fees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.