16 keer lewenslank ná seksdade met kinders

Die Pretoria-Noord-landdroshof. (Foto: Women and Men Against Child Abuse)

Vier uit ses Pretoriase familielede, wat skuldig bevind is aan verskeie seksmisdade teenoor kinders wat in hul sorg geplaas is, is eindelik lewenslank tronk toe gestuur. Van die kinders was familie van die oortreders.

Van die misdade is amper twee dekades gelede gepleeg.

Die skuldiges is Donderdag gesamentlik 16 lewenslange vonnisse én nog 110 jaar tronkstraf in die hof in Pretoria-Noord opgelê.

“Jy moes vandag ’n sambreel saamgeneem het hof toe, want dit het lewenslange vonnisse gereën,” sê Tania Otto, woordvoerder van die organisasie Women and Men Against Child Abuse (WMACA).

Dié organisasie het die saak teen ’n oupa, ouma, hul twee volwasse kinders en dié se eggenote oor die afgelope dekade deurlopend gevolg. Die saak het egter 12 jaar geneem om tot vonnisoplegging te kom.

Die oupa (70) en ouma (69) is eindelik gesamentlik 12 lewenslange vonnisse (95 jaar tronkstraf) opgelê.

Die ouma se dogter en haar man is op hul beurt vier keer lewenslank gevonnis.

Die twee ander familielede, ook ’n egpaar, is elkeen ’n opgeskorte vonnis en drie jaar lange korrektiewe toesig opgelê.

Die ses familielede is gesamentlik skuldig bevind aan 20 aanklagte, waaronder verkragting, onsedelike aanranding, gedwonge verkragting, gedwonge seksuele aanranding, seksuele gereedmaking, asook kindermishandeling en verwaarlosing.

Die oortredings het tussen 2005 en 2010 teenoor minderjarige kinders tussen vier en nege jaar oud plaasgevind. Die kinders was destyds in die beskuldigdes se sorg op kleinhoewes noord van Pretoria.

Vier van die kinders is familie van die beskuldigdes en twee was in pleegsorg by die beskuldigdes geplaas.

Een van dié pleegkinders (6) is destyds vir skoolgereedheidstoetse geneem, waar sy aan die opvoedkundige sielkundige verklap het dat sy seksueel deur haar pleegouers aangerand word.

Die sielkundige het die saak by die polisie aangemeld, waarna ’n ondersoek onthul het dat hul twee pleegkinders én hul vier biologiese kinders seksueel aangerand is.

Die beskuldigdes is in 2010 in hegtenis geneem en die kinders in ’n plek van veiligheid geplaas.

Al ses beskuldigdes het onskuldig gepleit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

TRP ·

My presiese vraag, hierdie tipe misdade is glo prioriteit vir die regering maar die stelsel wys dat dit net lippetaal is. Skokkend, die arme kinders.

57 Chevy ·

Goed so eks bly dit stuur n sterk boodskap na buite !
Wens hulle wil dit so streng toepas op ander gevalle ook soos ….bv plaas moorde of moord ,korupsie en…en…en die lys gaan aan !

Shakespeare ·

Patetiese Afrika regstelsel. Tipies Afrika. AFSKUWELIK. SIES !!!

Hendrik ·

Liewe land! Wat is verkeerd in iemand se kop om ‘n sesjarige kind seksueel aan te rand? Daar is nie plek in die sameleweing vir sulke mense nie. Hoe kry iemand wat minstens self daarvan geweet het, ‘n 3-jaar opgeskorte vonnis? Hulle kom heeltemal te lig daarvan af.

Lillian ·

Die vonnisse is te lig vir sulke walglike dade. Hulle moes galg toe gegaan het

Yvonne ·

Verrot tot op die been….arme kinders sal lewenslank hiermee worstel

PersHeks ·

Die lewens wat daardie 6 verwoes het!!!!! Mag hulle vrot in die tronk!!!!

Di ·

SKUIM van die samelewing. Hoop hulle almal kry in die tronk wat hulle aan hierdie onskuldige kinders gedoen het. Skreiende skande, monsters!

Maritza ·

Hoop iemand se in die tronk waarvoor hulle daar is. Seker iemand daar binne sal hulle behoorlik uitsorteer

Christine ·

My hart huil vir hierdie kinders! Hulle het geen verweer teen sulke vieslike grootmense nie, wat nog te sê jou oupa en ouma! Hulle is veronderstel om die veiligste mense te wees vir jou kinders! Ek is gewalg hieroor! Wanneer mense weet hulle het sulke afwykings, gaan gee asb jouself oor by ‘n dokter vir behandeling, want jy is siek!

BOKKIEBEK ·

Die artikel lees ” verkragting” en dan “gedwonge verkragting” – hoe verstaan ek dit? Is die gewonde verkragting dan “volentry”?

Sarel ·

Probleem is eerstens bestaan die term ” sonder die keuse van Parool” nie in die regstelsel nie..
Tweedens word Vonnisse gelyklopend uitgedie
Wat beteken dit?
Wan.eer kwalifiseer hulle vir Parool

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.