
‘n Betoger teen geslasgbaseerde geweld word Saterdag in hegtenis geneem. (Foto: AP Photo/Nardus Engelbrecht)
Die Wes-Kaapse polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord, openbare geweld, kwaadwillige saakbeskadiging en oortredings wat verband hou met die Wet op Rampbestuur nadat 18 mense Saterdag tydens twee afsonderlike betogings naby die parlement in Kaapstad in hegtenis geneem is.
Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het in ’n verklaring gesê sowat 500 motorfietsryers het teen plaasaanvalle in die Moederstad saamgetrek terwyl 400 betogers teen geslagsgebaseerde geweld opgeruk het.
Volgens Van Wyk het sommige persone op die hoek van Roeland- en Buitenkantstraat paaie versper en skade aan motors aangerig waarna polisielede opgetree het om die skare uitmekaar te jaag.
’n Video word intussen op sosiale media versprei waarin daar gesien word hoe polisiebeamptes ’n motorfietsryer van sy motorfiets afpluk waarna betogers met traangas bestook is.
Volgens Van Wyk sal dié mense wat tydens die saamtrek en betoging in hegtenis geneem is, Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
17 Kommentare
Wil net weet wat van die polisie man wat sy wapen uitgehad het en hoekom ‘n motorfiets ryer van agteraf van sy motorfiets afgeruk moes word. Wat het hy verkeerd gedoen op daai stadium? Ten tye van n vreedsame optog van motorfiets ryers tree die polisie so op maar wat van die ander betogings, waar is hulle dan???
Kan hulle nie maar so kragdadig optree teen plaasmoorde. Lyk my die motorfiets ryers is lekker sagte teikens nes plaasboere.
Dit is ñ patetiese berig…jy praat van 2 optogte, maar jy sê nie by watter optog is die mense in hegtenis geneem nie.
Maroela Media: Neem kennis dat daar in terme van die vlak 2 regulasies, geen strafbepaling is ten opsigte van byeenkomste nie. Die regulasie is dus van nul-en-gener waarde en die polisie kan hulle nie daarop beroep nie. Vra enige regspersoon, hulle sal dieselfde sê. Ook van belang, is dat die aandklokreël ook gedekriminaliseer is.
Ja en as ander mense betoog en afbrand gebeur niks. Kan net sagte teikens aanval.