2 in hof ná aanval op Zastron-plaas

Daleen van der Hoven se uitgebrande motor (Foto verskaf deur die SAPD)

Twee verdagtes het Donderdag in die Zastron-landdroshof in die Vrystaat verskyn in verband met verlede jaar se aanval op die 80-jarige Daleen van der Hoven.

Van der Hoven is in Julie verlede jaar uit haar plaashuis in die omgewing van Zastron ontvoer en by die grens na Lesotho agtergelaat.

Tsitsa Machabe (33) en Thabo Moolehi (38) is intussen met behulp van die polisie in Lesotho en Interpol na Suid-Afrika uitgelewer en staan nou tereg op poging tot moord, ontvoering, gewapende roof en motordiefstal.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, sê ’n derde verdagte is nog op vrye voet terwyl ’n vierde verdagte ’n paar maande gelede oorlede is.

Die saak teen Machabe en Moolehi is gister tot 2 Junie uitgestel vir regshulp.

Maroela Media het vroeër berig Van der Hoven was die betrokke dag van die aanval in die vroeë oggendure alleen tuis toe verdagtes die veiligheidshek oopgebreek en toegang tot haar huis bekom het. Die verdagtes het haar vasgebind, aangerand en kontant geëis.

Mbambo het destyds gesê die verdagtes het drie vuurwapens en kontant gebuit voordat hulle Van der Hoven in haar motor gelaai en haar na die Lesotho-grens ontvoer en naby die grens agtergelaat het.

Van der Hoven het destyds beserings in die voorval opgedoen en is in ’n hospitaal opgeneem.

Haar uitgebrande motor is later verlate in Lesotho gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Persheks Adri ·

Nóg wapens in kriminele se hande en hulle is seker lankal weer verkoop of in ander kriminele se hande gggmmmfff.

Hoedeman waar is jou mense om ons as publiek te beskerm? Sien jy julle kan nie, want daar is nie mannekrag nie en hulle nie eers ordentlik opgelei nie!

Wonder ·

Ons wat sense het hoe om wapens te hanteer en wanneer se wapens word weg gevat, maar die sonder sense mag met hull onwettige wapens doen net wat hull wil…

Persheks Adri ·

Nóg wapens in kriminele se hande en hulle is seker lankal weer verkoop of in ander kriminele se hande gggmmmfff.

Hoedeman waar is jou mense om ons as publiek te beskerm? Sien jy julle kan nie, want daar is nie mannekrag nie en hulle nie eers ordentlik opgelei nie!

Waar is ons ou koevoete en kommando’s? Ek mag ook droom

Jerry ·

Ja en die regering wil wapenlisensies vir selverdediging stop!

Persheks Adri ·

Ons moet dit baklei klaar! Hoed het erken daar’s meer as ‘n miljoen aansoeke. Hou jou oog op die groter prentjie…

Wonder ·

Weet ek het hele paar jaar gelede toe hull met die wapen ding begin het by n vuurwapen opleiding sentrum gewerk ek het gevoel hoe kom die angs van hoeveel daar buite is nie van ons mense nie hoe baie van hull het wapens, mense ons oe moet oop gaan ek kon op my hande tel hoeveel van ons het wapens maar die ander het ek op gehou tel…

Johan ·

Dit is jammer hul kan nie in Lesotho se tronk gaan sit nie, daar speel hulle nie met misdadigers nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.