2 soek wat ontsnap tydens hofverskyning

Zukisani Fanga (Foto: Verskaf)

Die polisie in die Oos-Kaap is op die spoor van twee gevangenes wat Dinsdag onderskeidelik by die hooggeregshof in Bisho en die landdroshof in Ngqeleni, oos van Mthatha, ontsnap het.

Kapt. Khaya Tonjeni, woordvoerder van die polisie, sê Zukisani Fanga (38) het op aanklagte van moord en verkragting in die hooggeregshof in Bisho verskyn, toe hy daarin kon slaag om uit aanhouding te ontsnap.

Hy is sedertdien soek.

Twee verhoorafwagtendes het dieselfde dag uit aanhouding by die Ngqeleni-landdroshof ontsnap hoewel een van hulle weer aangekeer kon word.

Mluleki Mbanyarho Gogobala (27) en Otto Matsiba (21) het ontsnap toe hulle van die hof se aanhoudingselle na die polisievoertuig wat hulle terug tronk toe moes neem, begelei is.

Mluleki Gogobala (Foto: Verskaf)

Matsiba is egter kort daarna deur die hof se sekerheidsbeamptes en lede van die publiek aangekeer hoewel Gogobala steeds gesoek word.

Gogobala staan tereg op aanklagte van roof asook die besit van onwettige vuurwapens.

Aanklagte van ontsnapping uit wettige aanhouding sal nou by al drie se aanklagte gevoeg word.

Inligting rakende Fanga kan by sers. Milani Joni, 078 633 1112, aangemeld word, en inligting rakende Gogobala by AO Ntshongwana, 071 780 2339, of kol. Nodlabi, 079 890 0806.

Die polisie doen ’n beroep op mense om nie die gevangenes te probeer aankeer nie, aangesien hulle vermoedelik gewapen en gevaarlik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Persheks Adri ·

Ek kan nie verstaan hoe die ouens ontstap nie regtig waar. Het hulle sleutels, connections of wat? Dis onaanvaarbaar dat sulke kriminele ontsnap en tussen die publiek is. Hel hoeveel keer nog voor daar beter maatreëls in plek is?

Cecilia ·

Ek kan vir jou verduidelik Pers Heks. OMKOOP geld. D ander rede d SAPS lede is so oorgewig en onfiks. D aangehoudende hoef net n blok ver te hol dan sal d SAPS lid nie meer kan by hou nie.
So maklik sos dit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.