21 paramedici in Limpopo afgedank

(Argieffoto: WCHEMS/Twitter)

Die departement van gesondheid in Limpopo het bevestig dat hy 21 nooddiensbeamptes afgedank het.

Dit volg ná die departement deur die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA) in kennis gestel is dat die persone gederegistreer is ná hulle versuim het om te voldoen aan die vereiste standaarde sodat hulle aktiewe lede van die raad kon bly.

Thilivhali Muavha, woordvoerder vir die provinsiale LUR van gesondheid, sê volgens regulasies beteken dit dat die betrokke persone nie meer toegelaat word om as nooddiensbeamptes te werk nie. “Die departement het dus geen ander keuse gehad as om hulle diens te beëindig nie.”

Altesaam 46 paramedici is ook versoek om bewys te lewer van hul registrasie by die HPCSA. Indien hulle nie bewys daarvan kan lewer nie, sal hulle ook afgedank word.

“Die afgedankte werknemers het die HPCSA deur hul vakbonde in die hof gedaag, maar hulle het ongelukkig die saak verloor. Die departement het gehoop dat die saak tussen die raad en die werknemers opgelos kon word sodat hulle nie afgedank hoef te word nie.”

Die departement het steeds 1 494 nooddiensbeamptes op basiese- en intermediêre lewensondersteuningsvlak. Die 21 werknemers het dus ʼn impak van 1,4% op die beskikbare hulpbronne. “Met die komende feesseisoen sou die departement graag alle personeel beskikbaar wou hê om noodgevalle te hanteer. Dit was ongelukkig nie moontlik nie. Hul indiensnemingskontrakte bepaal dat hul registrasie onder andere by die HPCSA aktief moet bly om met pasiënte te kan werk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nie Verbaas ·

Is dit nodig om kommentaar te lewer? Niks is meer n skok nie.

Christine ·

Ai, soms dink ek hierdie verenigings is ook net ‘n geldmaak storie, want hoe check hul regtig dat die persoon voldoende suksesvol is in die beroep, hulle ontvang jaarliks die fooi en dan? Die CPD punte wat die persoon opdoen deur in die beroep aktief te werk, tel mos baie meer. Limpopo het daai nooddienste baie nodig.

Miskruier ·

Wonder of dit die rede is vir al die ongeluk sterftes? Onbevoegde paramedics.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.