25% van Twitter-werkers hul poste kwyt

Argieffoto (Foto: Photo Mix/Pixabay)

Twitter, wat verlede week deur die miljardêr Elon Musk aangeskaf is, is van voornemens om ʼn kwart van sy arbeidsmag te ontslaan as deel van ʼn verwagte eerste ronde van afleggings, het die Washington Post Maandag berig.

Alex Spiro, Musk se regsverteenwoordiger, het die gesprekke oor die afleggings gelei, aldus die berig.

Twitter het teen die einde van 2021 sowat 7 000 werknemers gehad, wat beteken dat byna 2 000 personeellede hul poste sal kwyt wees.

Musk het gerugte in die New York Times ontken dat die afleggings voor 1 November sal plaasvind om aandeeltoelaes te vermy wat op die dag verskuldig is.

Twitter het nie dadelik reageer op ʼn versoek deur Reuters vir kommentaar nie.

Maroela Media het vroeër berig Musk het nie op hom laat wag nie om Parag Agrawal, uitvoerende hoof, sowel as die maatskappy se finansiële hoof Ned Segal en veiligheidshoof Vijaya Gadde af te dank.

Musk het Donderdag getwiet dat hy Twitter koop “omdat dit belangrik is vir die toekoms van die beskawing om ʼn gemeenskaplike digitale stadsplein te hê, waar ʼn wye verskeidenheid oortuigings op ʼn gesonde manier gedebatteer kan word”. Die sluiting van die ooreenkoms het gekom ná ʼn lang en uitgerekte heen-en-weer tussen die miljardêr en die sosiale netwerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Andre ·

‘n Ou wat mikroskyfies in breine wil plant is nou skielik almal se vriend en wil alles verbeter om almal in te sluit. Ek vertrou hom nie, hier loop ‘n groot rot rond en ek ruik hom.

Gaitsigubib ·

Ek hou van Musk ES, dit mag egter verregaande klink, maar Andre is ongelukkig reg. Jy kan die goed maklik search so ek gaan dit nie herhaal nie. Kyk eige iets van Must se “A.I research”. Daar gaan meer geld daarin as baie lande se GDP.

Gaitsigubib ·

Andre ek wou diplomaties klink, maar om jou eerlik te se, as mense nou nog nie weet van Musk se “Neuralink” wat al in 2016 begin is, dan moet hulle jou maar afmerk want dit sal nie help om dit te verduidelik nie. Hy is nie in wese n slegte ou nie, maar ek dink ook hy krap waar dit nie jeuk nie.

hantie ·

Hy is mos nou alreeds skatryk, is dit rerig nodig om nogsteeds stappe te neem om daardeur homself verder te verryk en ander sommer maar net af te dank! Ek wonder maar net! Hoeveel wil een mens dan nou rerig vir homself hê!

Antie Sarie ·

Twitter is media. So ook FB ens . Dit word nie verniet “social media” genoem nie. En dit almal en alles word daardeur beheer, sover hul dit toelaat.

Gaitsigubib ·

Vryheid van spraak is gewoonlik die 1ste vryheid wat mens verloor wanneer n totaletere regering beheer gevat het. Mens sien byvoorbeeld dat twitter streng beheer toegepas het t.o.v Covid 19 informasie (ander media doen dit ook, maar ons noem nie name nie). Mens verwag dit, maar dit bekommer tog waneer dokters en ander kenners in die mediese veld geblok word. As mens nie geweld promoveer nie dan moet jy gehoor word, ek is dus bly Musk het oorgeneem. Ek glo hy heg waarde aan mense se basise mensereg – vryheid van spraak!

Korrelkop ·

25% hardwerkende mense se lewens omvergegooi deur een ryk, bedorwe, arrogante “baas”…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.