3 met kookwater, strykyster gebrand in aanval

Argieffoto: Maroela Media

Die Gautengse polisie is op die spoor van vier verdagtes wat na bewering die naweek drie lede van ʼn familie op ’n plaas in die Hekpoort-omgewing oorval, aangerand en met kookwater en ’n strykyster gebrand het.

Konst. Gloria Maswanganye, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het Vrydag omstreeks 22:30 op ’n plaas naby die R24 plaasgevind.

Volgens Maswanganye het ʼn egpaar in hul slaapkamer gelê en slaap toe hulle honde hoor blaf en die vier mans by hul slaapkamer sien inloop het. Die mans het toe vuurwapens en ʼn mes op die egpaar gerig en op die sleutels van ʼn kluis en kontant aangedring.

Luidens inligting ontvang deur Oostermoed-beskermingsdienste het die mans deur ʼn venster toegang tot die huis verkry.

Die egpaar is gedwing om op die vloer te lê en die man (62) het aan die verdagtes verduidelik dat daar nie ’n kluis of kontant in die huis is nie.

Een van die verdagtes het die man met ’n moersleutel bygedam en toe hom, sy vrou asook sy swaer wat ten tyde van die aanval ook in die huis was, met ’n strykyster en kookwater gebrand.

“Die verdagtes het die slagoffers vasgebind en die huis geplunder. Hulle het twee vuurwapens, juwele, selfone, ’n televisiestel, ʼn rekenaar, ʼn skootrekenaar, ʼn Playstation, kos en klere gesteel en toe te voet van die toneel gevlug,” het Maswanganye in ’n verklaring gesê.

Hoewel die mans omstreeks 01:00 op die vlug geslaan het, het die slagoffers hulself tot omstreeks 06:00 in ʼn kamer toegesluit voordat hulle hulp by ʼn nabygeleë huis ontbied het. Die slagoffers is deur ʼn plaaslike dokter ondersoek en een van hulle is na ʼn hospitaal geneem met ernstige brandwonde.

Maswanganye wou op navraag nie die slagoffers aan Maroela Media identifiseer nie.

Die polisie doen ʼn beroep om die publiek om met enige inligting na vore te kom wat tot die vervolging van die verdagtes kan lei. Die polisie het gevra dat die publiek nie self die verdagtes nader nie aangesien hulle swaar gewapen is.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Mol ·

NIE aanranding met die doel om ernstig te beseer nie.????????????????????????????

O Nee. Dis te ingewikkeld

Johan ·

Ek het woorde, maar mag hulle nie uiter nie want dan word ek weer as die “bose rassis” vervolg…

Erika ·

Moet altyd in ‘n span kom mense aanval, want hulle is te lafhardig en bang om alleen te kom. Hoop hulle word gevang!

Yankee ·

Dan se ek weer. Geweld sekerlik in enige Land. Die in Suid-Afrika egter, van so n aard, nerens maar nerens in enige ander beskaafde Land!!

Andrea ·

Ek stem! Ek wil omtrent slange vang as mense kom met die redenasie ‘alle lande het misdaad en probleme’ wanneer hul hoor jy wil emigreer. Waar op aarde kry jy nog sulke barbarisme op n daaglikse grondslag?

Gaitsigubib ·

Hi Yank, raai bietjie watter land het die meeste reeksmoordenaars in die wereld? SA is 3de en Engeland 2de en raai wie is 1ste. Massa skiet voorvalle? Ek sou se julle het daar ook ‘n probleem. Onthou net, volgens stats sal die swart bevolking in Amerika teen 2040 meer wees as die blanke bevolking. Jou kleinkinders sal nie werk kan kry a.g.v BEE. As jy CNN kyk sal jy sien swartmense in die VSA soek kompensasie vir slaverny. Ek oordeel jou nie maar sou graag wou weet of jy weer gaan trek as dinge te warm raak en of jy n ware yank gaan word – een wat staan by sy land “for better or for worse”? Ek sal daar gaan bly as my lewenspad my daarheen neem, maar ek glo ek sal altyd in my hart n Boer bly. Sterkte vir jou daar in die verre VSA.

Landvaneensydigheid ·

Wonder of ek ook kompensasie sal kry. My voorvaders was ook slawwe. Eers vir die Grieke, die Persians, die Carthaginians, die Romeine, die Moors, die Berbers, die Turke ens…

Dirk ·

SA is was nog nooit ‘n “beskaafde land” nie; dink maar terug aan die geskiedenis.

Philip, ·

Ons moet onthou dis nie aanrading of poging tot moord as jy WIT is en aangeval word nie. Dit is net afgryslik dat hulle so wreed kan wees. Vertrou hulle herstel gou.

Terreur ·

Kan vir jou sê wat hulle is maar dan pleeg ek ‘n meer ernstige kriminele daad as wat hulle gepleeg het volgens ons regering…

Juffrou ·

As hul wil inkom, sal hulle Johhnie. Ek weet van meer as een geval waar mense diefwering, alarms, honde ens gehad het en steeds aangeval/ vermoor is.

Jacques ·

Huisroof ???? As jy by n kitskos deur die “Drivrthru” ry en jy klap net iemand is dit aanranding ? Hier word oumense verniel en gemartel en dit is net n saak van huisroof .
Ek verstaan dit glad nie .

Suzelle ·

So snaaks hoe alle plaas moorde se berig altyd eindig met :”geen verdagtes sover en saak word onder soek”….maar enige ander oor treding is daar altyd n antwoord wat more toegesmeer word.

humor ·

Juffrou, al het dit gebeur beteken dit tog geensins dat dit in alle opsigte nodeloos is om te sorg vir die heel beste paraatheid nie.

Philip, ·

Ons moet onthou dis nie aanrading of poging tot moord as jy WIT is en aangeval word nie. Dit is net afgryslik dat hulle so wreed kan wees. Vertrou hulle herstel gou.

Meraai ·

dis so hartseer…..hekke aan jou binnedeure en honde MOET binne slaap

SUMMIE ·

STERK, dik hekke + honde binne en buite ! Arme, arme mense, hoop en bid vir genesing, fisies sowel as emosioneel.

Christa ·

Die gemors. Dis hie ons eens Mooi land agteruit Gaan. Moord is aan die order van die dag.

Julie Jansen van Rensburg ·

Christa, die land GAAN nie agteruit nie – dit het reeds kort voor1994 se “free and fair election” begin en is nou op ‘n stadium waar wet en orde maar net woorde – maar nie dade is – nie. Ek is oud genoeg om ‘n tyd te onthou toe daar nog wedersydse respek teenoor mekaar was; waar my ouers – wat geboer het – op warm somernagte nie eers moeite gedoen het om deure en vensters toe te maak nie – wat staan nog te sluit – ten spyte daarvan dat ons drie Swazi-gesinne gehad wat op die plaas gewoon het, en wat vry was om in noodgevalle my ouers in die oggendure kon opklop om hulp tydens siekte en besering te vra, my ouers maar self “dokter en verpleegster” moes speel omdat die naaste dokter 40 myl ver was en ons nie oor motorvervoer beskik het nie… In daardie dae kon ek die hele plaas vol loop sonder enige gevaar om aangerand te word- eerder ‘n lafenissie van koue mageu as ek toevallig by ons werkers se huise aangekom het… Vandag???? Laat ek maar nie verder uitbrei nie…

Adv Jan Nel ·

Ek sien meeste van die kommentators is onder die indruk dat poging tot moord en selfs aanranding met die doel om ernstig te beseer, meer gepaste aanklagte sou wees.

Dit is nie. Huisroof is die mees ernstige (met minimum vonnis) van die drie klagtes en is uiteraard die mees gepaste klag in die omstandighede.

MM het my eposadres, ek is werklik bereid om ‘n volledige artikel sonder koste te skryf om die miskonsepsies op te klaar en meer duidelikheid te gee.

Anoniem ·

Asb Maroela Media, ek sal graag beter wil verstaan. Ook hierdie strawwe wat so gelyk uitgedien word. Wat is die nut daarvan??

Joke! ·

Oe ok Advokaat Jan Nel..En wat noem jy iemand met n moersleutel aangerand , As ek mooi onthou het jou mense nie so lank terug n klomp wit latte aangekla van poging tot moord nadat hul n wapen gewys het na nie blankes by n eetkos deurry plek??? Verder is n wapen na die egpaar gewys en mes en vuurpwapen gedreig!Een is daarna ernstig aangerand met n moersleutel se ek weer .. Hulle is daarna gemartel dmv kook water en n strykyster en iewers kom jy en die lot neer op dit is net gewapende Huisroof??? Jy is advokaat reken jy? Alles is belaglik!

Swannie ·

Nee wat Advokaat, los maar jou verduideliking. Papier ( en intenet) is geduldig.

Ons (witmense) besef maar al te goed dat daar twee stelle wette in Suid Afrika is….een vir Witmense en een vir swartes.

Indie die tipe misdade teen `n swarte (s) gepleeg sou wees, sou jy een van die eerstes gewees het wat “verduidelik”het hoekom slegs “huisroof”nie gepas sou wees nie en dus `n hele aantal ander klagtes ook bygevoeg moes word.

Ons stel nie meer belang in “verduidelikings”nie, maar in positiewe optrede deur n regering –maar nou ja, ons weet dis te veel gevra.

Gerhard ·

Dankie Jan, vir jou insiggewende verduideliking. Moenie te ontsteld wees oor die reaksie wat jy kry nie.

Adv Jan Nel ·

Beste Anoniem (en dankie Gerhard)

Ek gaan so kort en eenvoudig as moontlik in die toelaatbare spasie probeer verduidelik:
In die SA reg kan jy nie bloot iemand met al wat ’n klag is bestook, wat ontstaan uit dieselfde feite nie (jy gaan byvoorbeeld nie ’n vonnis kry vir roekelose bestuur én nog ’n boete oor jy te vinnig gery het in dieselfde insident nie). In Engels staan dit bekend as “splitting of charges” as jy dalk wou verder navors.

In die betrokke berig is daar verskeie klagtes wat ter sprake is:

1) Aanranding
2) Aanranding met die opset om ernstig te beseer
3) Poging tot moord
4) Rig van vuurwapen
5) Huisroof

Die polisie (die aanklaer sal finaal besluit) moet nou kies watter een van die misdade is die geskikste of dit in die alternatief (nie gesamentlik) van mekaar stel. ’n Mens sou hoop dat die ergste klag gekies word in ’n ontstellende wrede misdaad soos in die berig.

Misdade 1 tot 4 hierbo dra geen minimum vonnis nie en is die straf totaal en al in die Landdros/Regter se hande.

Roof (huisroof ingesluit) met verswarende omstandighede (beslis hier van toepassing) dra ’n minimum vonnis van ten minste 15 jaar vir ’n eerste oortreder (langer met vorige veroordelings).

In my beskeie opinie is dit dus die swaarste klag en in die betrokke geval dan die mees gepaste in die betrokke geval.

Samelopende vonnisse is ‘n heel ander debat, waarvoor daar ongelukkig nie genoeg spasie is op hierdie forum nie.

B.B. ·

“Die polisie ondersoek n saak van huis-roof”
Hulle het nie net kom roof nie…want hierdie huis- mense sou en wou sekerlik alles gee, as hulle nie hoef gemartel word nie, maar NEE….hulle word wreed-agtig gemartel…dan is dit mos nie net Roof nie….dis n “poging’ om ernstig te beseer…Plus….!!!

Niklaas ·

Dis darem skrikwekkend wreed en onmenslik en jy kan skaars glo dis deur een paar sogenaamde “mense” uitgevoer. Ek het nie woorde nie , of wag , ek het , maar sal eerder dit nie meld nie

Sarie ·

Beste van als is die polisie reken die publiek moet tog nie die verdagtes self nader nie, so asof die publiek nou sal weet wie die skurke is? Dalk weet die polisie wie hulle is?

Grassie ·

Word wakker my mense! Begin opstaan en baklei terug!! Hierdie kan nie so aanhou nie, dit gaan net erger word tot ons sê genoeg is genoeg!!!

Hannelie ·

Ons mag niks se oor die wrede dinge nie maar doen ons dit dan staan die tronk se deure vir jou oop

Melanie ·

Roberto Betta in 1981 a certain group new what was coming and we tried our best to warn people. You didnt have to be a rocket scientist to realise what was on the horison. Today, all we can do is say “You were warned” There is an excellent saying “As jou kop plat is gaan jou liggaam swaarkry”.

Fanie ·

Geweld kom al van die voortrekers tyd af. Waar hul plaas huise afbrand en kinders se kop twwn ossewa wiele slaan…..so niks het verander nie.

Werner ·

Fanie maar die voortrekkers het strafkomandos agter die skuldiges aangestuur hierdie sal nie ophou voor ons almal uitgeroei is of die bom bars nie

Gaitsigubib ·

Nog n punt was die Boere se onwrikbare geloof in God. Hoewel daar joiners was het hulle d.m.v geloof en vasberadenheid hul beloofde land ontvang. 46 jaar later het hulle dit gratis vir mense gegee wat God nie ken nie en die res is geskiedenis (wat toevallig nie akuraat oor vertel word nie).

Jakobie ·

na ek die berig 2 keer gelees het en my middag ete in die drom lê,
wil ek net weet hoe kom ons uit die gemors?
vlug na ander lande (VSA ens) help niks, ons kinder se kinders gaan ligte velle he, hulle gaan nie werk kry, nêrens nie, want ons gaan nie BEE haal nie

dan wonder ek, is dit nie beter dat die planeet net verdamp ?

baie sterkte aan die arme mense wat nou niks oor het, wat gebrand en aangerand is, wat trauma voel wat jy daar in ‘n kantoor nie kan indink
#moeggeploeg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.