Drie vermeende aanvallers is in hegtenis geneem ná ’n aanval Dinsdagoggend op ’n plaas in die omgewing van Colenso in KwaZulu-Natal.
Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê drie mans het omstreeks 09:15 op die plaas toegeslaan en op vuurwapens aangedring.
Volgens Gwala is ’n 46-jarige man gedurende die voorval met die agterkant van ’n geweer aangerand voordat die verdagtes in ’n wegkommotor op die vlug geslaan het.
Dié voertuig is later in Winterton, sowat 44 km van Colenso, opgemerk waarna die verdagtes in hegtenis geneem is. Die verdagtes is sedertdien in aanhouding by die polisiestasie in Colenso.
Volgens Gwala sal die verdagtes binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord en poging tot roof.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Wel gedaan!
Bail?
Wonderlik!!!!! Maak n voorbeeld en sluit baie ver weg en toe
So jammer hulle het weggekom.