30% van SA vroue by die werk geteister

Argieffoto (Foto: Mihai Surdu/ Unsplash)

In ’n onlangse studie deur die marknavorsingsagentskap Columinate is bevind dat 30% van Suid-Afrikaanse vroue al slagoffers van ongevraagde seksuele toenadering by hul werkplek was; 57% van eweknieë af en 26% van hul base.

Om die situasie te vererger het byna ʼn derde van dié vrouens stilgebly oor wat gebeur het, grotendeels as gevolg van die gebrek aan gewilligheid by hul bestuurders om op te tree.

Volgens dié studie het 50% van werkplekke nie ʼn duidelike seksuele teistering-beleid nie en slegs 37% van organisasies ʼn duidelike aanmeldingsprosedure.

Wat is seksuele teistering?

Seksuele teistering verwys na ongewenste seksuele optrede soos seksuele toenadering, die versoek vir seksuele gunsies en enige ander verbale, fisieke of geskrewe gedrag van seksuele aard.

In die werkplek verwys seksuele teistering ook na die gebruik van invloed, posisie of status om ʼn ander persoon se werksekuriteit, werksomstandighede of bevorderingsgeleenthede te benadeel deur die persoon te dwing om seksuele dade teen hul wil uit te voer.

Seksuele teistering is enigiets van ʼn seksuele aard wat jou aanstoot gee, jou lewensbestaan en professionele groei bedreig, of wat jou ongemaklik, verneder of geïntimideerd laat voel.

Wat sê die wet oor seksuele teistering?

Seksuele teistering is onwettig en hou verskeie nagevolge vir oortreders in die werkplek in. Die Wet op Gelyke Indiensneming (no. 55 van 1998) bepaal dat seksuele teistering dadelik aangemeld moet word, waarna die werkgewer dadelik moet optree.

Diensgewers kan verantwoordelik gehou word vir die ongrondwetlike optrede van hul werknemers, of as hulle nie die bewering, in ooreenstemming met die maatskappy se seksuele teisteringbeleid, opvolg nie. Volgens die Suid-Afrikaanse Grondwet het alle diensnemers die reg tot ʼn veilige werkplek waar almal gelyk, en met menslikheid en respek hanteer word.

ʼn Nuwe beweging genaamd #MindYourBusiness is gestig om uitvoerende hoofde nader aan die realiteit van seksuele teistering in hul ondernemings te bring. Dié inisiatief maak staat op die krag van mense se ware ervarings om die waarheid oop te vlek, en om almal te herinner dat ons ʼn gedeelde verantwoordelikheid het teenoor mekaar se ma’s, dogters, vrouens en susters in die werkplek.

Een van die uitvoerende hoofde wat al aan die #MindYourBusiness-beweging deelgeneem het. (Foto: Verskaf)

ʼn Video is deur #MindYourBusiness gemaak waar uitvoerende hoofde anonieme stories van seksuele teistering uitlees. Die video is al meer as 10 000 keer op Facebook gekyk.

Lia Mundell van die #MindYourBusiness-beweging het aan Maroela Media gesê dat hulle juis aandag aan dié kwessie wil gee omdat dit so algemeen in die wêreld en in Suid-Afrika is.

“Die hele #MeToo-beweging het wêreldwyd aandag getrek, en meer onlangs het die nuwe Gilette-advertensie ook baie debatte oor die saak uitgelok. Daar was wel nog nie ʼn plaaslike aanslag nie,” het sy gesê.

“Ons sê dat mans verantwoordbaar gehou moet word vir hul aksies, want ons hoor die vrouens se stories. Daar is vroue wat dapper is en uitpraat, en ons wil vir hulle ʼn platform gee om dit te doen.”

Mundell het gesê die beweging se fokus is tweeledig en albei dié aspekte word deur die naam weerspieël. Eerstens moet mense nie inmeng met ander se sake nie, en ʼn afstand behou. Tweedens moet uitvoerende hoofde en werkgewers weet wat in hul besigheid aangaan.

“Leiers moet spesifiek weet dat seksuele teistering wel in hulle eie besigheid ook aan die gebeur kan wees. Mense moet verantwoordbaar wees, en ons is daar om ondersteuning te bied,” het sy gesê.

No matter the colour of your collar, #MindYourBusiness

Posted by Mind Your Business on Wednesday, January 16, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Bert ·

Ja, dis sleg.
Maar moet sè dat baie dames aantrek met die duidelike doel om aandag te trek, as die aandag dan kom in dit seksuele teistering!

Karl ·

@Bert, glad nie! So daar is die blame the victim mindset wat deurkom, dan die mense wie verkrag is ook hul skuld omdat hul so aantrek?

Kaptein ·

Karl, dis mos nie wat die man getik het nie…

Ek dink die studie moet duidelik aandui wat hulle met teistering bedoel, en ek dink die kommentators hieronder ook.

Verder moet die opskrif lees – 30% van vroue in ‘n spesifieke studie is geteister.

Judge Dredd ·

Nog ‘n onbeduidende pop-up aktivisme groep wat hoop op ‘n bietjie roem/blootstelling.

GM ·

Bert, ek stem saam. Baie geniet die aandag en sal als probeer om die mans uit te lok. Agterna is die dametjies natuurlik onskuldig.
Die aandagsoekers maak dit egter moeiliker vir die vroue wat wel geteister word, want almal ‘brush’ dit net af.
Ek glo daar is ‘n hele paar mans wat ook geteister word.

Ek Verstaan ·

Bert, jy is so verkeerd. Ek is by my werk aangestel as die seksueleteisteringsbeampte en jy het geen benul waardeur hierdie slagoffers gaan…. Kleredrag gee NEIMAND die reg om iemand te teister. Miskien het jy nog nooit iemand moes troos en ondersteun wat deur hierdie trauma gaan. Ek hoop net nooit dit gebeur met jou……onthou dat mans ook slagoffers van seksueleteistering kan wees… dan praat ons weer

Ek verstaan nie ·

Slag my nou maar af maar kleredrag kan tog ‘n rol speel. Hoekom wil ‘n vrou kort rokkies en lae halse dra in ‘n werksomgewing, tensy jy natuurlik daarvoor betaal word, dit kom weer terug na respek. En ek het al gesien hoe vrouens jag maak op mans dit is ewe erg.

Anoniem ·

Ek stem 100% saam met jou, “ek verstaan nie”.
Vrouens is glad nie so onskuldig nie. Ek is self ‘n vrou. Vrouens het ‘n verantwoordelikheid om ordentlik aan te trek. Kort rompies, stywe klere, lae halse stuur die boodskap uit: ek is hier om ‘n man te soek en nie om te werk nie.
Ja, dit gee geen man die reg om te teister nie, maar kleredrag stuur wel ‘n boodskap uit. Die hele me too beweging is baie skynheilig as mens sien hoe daardie Hollywood aktrises aan trek. Hulle kon net sowel niks aan trek nie.

Chris ·

Anoniem/madame, ek het vir lank pastelkleurige hemde gedra met my atletiese lyf, dasse om daarby te pas, dasspelde, mansjetknope, van dit was van goud en het ‘n stukkie diamand ingehad, kruisbande, ook het ek onder andere ‘n brigandi vrakleer baadjie gehad wat by my langbroek en skoene gapas het. Was dit nie swymel nie? Maar dit was ek, nie om ander te beindruk nie, maar omdat ek dit geniet het om netjies te lyk. Ek het 100 in my lyf gevoel, o ja en het het van lekker reukmiddels gehou. Ek het nog daardie bykomstighede vandag by die huis.

Chris ·

Annoniem, en by tye, as ek en my vrou by formele funksies was, het hier en daar ‘n man gedink ek is anders as wat ek is. Terloops ek is pure boer, met sport in my gene.

Uncle Buck ·

Soos el verstaan kan ‘n persoon dus iemand valslik beskuldig van seksuele teistering net omrede sy/hy nie hom/haar s’n kry nie. Gewoondlik is daar geen getuienis betrokke nie en kan dit dus net op iemand se woord opgevolg word. Hoe bewys jy jou onskuld.

Verstaan Ek?! ·

@Ek Verstaan Nie, seker verkrag slagoffers se skuld ook soos wat julle redeneer. Dan kan mans maar op die strand n field day he, hul trek mos dan so aan.

Jerry ·

N derde van die vrouens bly stil omdat die bestuurder versuim om op te tree! Alle werkers wat ek van weet behoort aan een of ander werkersunie, vakbond of regsfirma vir al hierdie en nog meer redes. Wil die skrywer nou vir ons probeer wysmaak dat hierdie derde van al die vrouens aan geen organisasie behoort aan wie hulle dit kon rapporteer nie? Ek kan aanvaar dat vroue geteister word, maar ek kan nie aanvaar dat hulle dit nie kan rapporteer nie. Mense moet versigtig en met groot omsigtigheid omgaan met n projek soos METOO. Moet dit nie erger maak of erger laat klink as wat dit is net om mense te skok en omdat die projekspan n voet in die deur soek nie! Ons het gesien hoe die projek van “violance against woman and children” presies die teenoorgestelde uitwerking gehad het as wat dit ten doel gehad het. Julle is in SA, nie in Amerika nie, so as julle dieselfde foute wil herhaal, maak dan nou maar weer die slapende honde wakker!

Danie ·

Vir interessantheid wonder ek hoe die prentjie van die ander kant af lyk?
Ek is nogal seker mans is nie die enigste skuldiges hier nie.
Ek dink wel mans het heel waarskynlik minder klagtes daaroor… (tong in die kies)

Stephen Namibia ·

Ek kom uit n era waar jy vir n vrou kon se sy lyk mooi of haar hare lyk mooi. Dit was goeie maniere en geen bybedoelings om n vrou te komplimenteer nie.
Deesdae is dit seksuele teistering.
Die wereld is siek.

Verwonderd ·

Andre stem heeltemaal met jou saam. As “dames” hulle vir ń toffie wil uitgee moet hulle maar vat om gekou te word. Mense weet nie meer om reg aan te trek en met respek op te tree om sodoende respek van ander te kry nie.

Klooster ·

Nou blameer jul seker ook verkrag victims se klere drag. Maak nie saak wat wie aan het nie, jy het GEEN REG nie.

Karolis ·

Ek het die een onlangs gehoor:
As jy jou uitmaak vir ‘n toffie is die kans goed dat jy gekou kan word.

Joey ·

Die houding in die kommentaar groep maak my bitter gelukkig ek maak nie my dogter groot in SA nie. Jul mans wat die klere drag blameer, skaam julle. So klere drag gee JOU die reg om hul te teister?? Hopelik het jul nie dogters nie, want ek wil nie eens dink wat jul agter geslote deure maak nie.

Jozi ·

Dierbare Bert en Andre,
Ek stem in ‘n mate saam met julle. Uitlokkende kleredrag in die werksplek gaan verseker aanleiding gee tot verkeerde dinge.
MAAR wat van die oorgrote meerderheid van dames wat hulself gedra, behoorlike klere aantrek met elke ding mooi en op hul plek gebere en nog steeds is daar mans wat hulself nie kan of wil gedra nie?
Te veel mense gaan werk toe om te speel in plaas daarvan om te doen waarvoor hulle aangestel is.

·

Nie alle slagoffers het uitlokkend opgetree of so aangetrek nie, mens kry die in gesagsposisies wat situasies uitbuit en dink hulle mag maar, wat misbruik maak van hulle gesag. En ja daar is ongelukkig ook “dametjies”wat aandag soek en dan huil wanneer hulle dit kry. Of jy nou ‘n man of ‘n vrou is, het respek vir jouself punt.

honourable member ·

Party vrouens hou maar van die aandag wat hulle kry deur hulle kleredrag.

Almal is gelyk ·

Teistering in alle vorme is onaanvaarbaar. Enige ongevraagde en/of ongewenste aandag = teistering. Ongelukkig is daar mense wat steeds dink dat dit hulle reg is om ander te teister en hulle glo dat hulle meer regte en voorregte moet geniet as ander mense om verskeie redes. Dit is daarom dat menseregte so belangrik is. Sonder menseregte sal die wat glo hulle is meer belangrik of meer gelyk as ander mense gruwelike dinge aan ander mense doen.

Van die kommentaar hier bevestig dat sommiges dink hulle het meer regte as ander en dat hulle meer spesiaal is as ander mense. Hulle dink dus hulle het die reg om ander mense te teister. Gelukkig het tye verander en mense se regte word teen diesulkes beskerm alhoewel die slagoffer deur hel moet gaan.

PJC ·

Seksuele teistering is uiters laakbaar en mense wat hulle hieraan skuldig maak verdien om gestraf te word. Dit het egter ń baie moeilike kwessie geword omdat daar dames is wat sulke klagtes fabriseer om mans by te kom met wie hulle ontevrede is. Dit is bitter moeilik vir enige persoon om hom teen sulke gedrag te verdedig en verwoes menige onskuldige se lewe so ń mens is geneig om skepties daaroor te wees tot nadeel van menige dames. ń Dame se kleredrag is geen verskoning vir enige man om hom soos ń boef te gedra nie.

regtig waar ·

as mense val vir klere wat ander dra moet hul liefs wegbly van swembaddens, strande, vakansieplekke en so meer

Anne ·

As uitlokkende kleredrag in die werkplek ‘n probleem is, behoort die vrou aangespreek te word daaroor. Werksplekke kan ook ‘n kleredrag beleid in plek hê wat die probleem grootliks behoort te voorkom. Terselfdertyd verwag ‘n mens dat ‘n volwasse man meer selfbeheer sal hê en nie sal toegee aan elke gedagte wat in sy kop opkom nie. Seksuele teistering is ‘n groot probleem en vrouens gaan nie langer stilbly nie.

Papa G ·

Die persepsie word geskep dat mans altyd die skuldige wreedaards is en vrouens onskuldige lammers ter slagting. Ek veroordeel alle vorms van teistering onvoorwaardelik. Dog, dames is nie altyd onskuldig nie. Hulle kan gerus maar die rompies bo die laagwatermerk hou en die boesem nie laat uithang nie. Die blote aangesig daarvan is teistering van getroude mans wat dit nie wil sien nie. Die handjie op die skouer as hulle met jou praat, pruilmondjie en fladderogies, onskuldig? Ek dink nie so nie. Nie almal van ons stel belang daarin om die dames te teister of hulle halfgeklede lywe by die werksplek te aanskou nie. Of ons dit nou wil erken of nie – advertensie lok reaksie uit!

Net so ·

Ek as vrou het dit al menige maal gesien, teistering deur vroue (meestal getroud nogal), het geen respek vir hulle eie liggaam of ‘n ander se huwelik of verhouding. Die bus ry twee kante toe. Teistering in enige vorm is onaanvaarbaar, dit is ook nodig dat vrouens hoor wat gepaste gedrag is en wat nie is nie.

bollie ·

Ek reken 95% van MANS bly maar stil oor sommige vrouens se ongevraagde aanrakings.

Stripes ·

My vrou word daagliks seksueel by die werk geteister. Sy is ‘n huisvrou.

Kalahari ·

Dit is om van siek te word hoe party mans redeneer dat n vrou “gesoek” het daarvoor. Dit is net n verskoning om dade te regverdig. Daar is n ding soos selfbeheersing. Dit staan duidelik so in die Bybel.Tot Moslem mans erken dat hulle selfs na ander vrouens se toonaels kyk, want dit lok hulle uit. So m.a.w. al maak vrouens als toe wat moet toe sal daar nogsteeds iets wees wat n man uitlok.

En ja vrouens trek deesdae trashy aan want dis die wereld waarin ons lewe. Mens kry nie juis meer ordentelike klere in winkels als is kort. Shorts is so kort dit wys jou toet. Toppies so kort dit wys jou lemoene. En nie eers om van rokkies te praat nie.Vrouens word objectify in al wat n advertensie is vandag se dae.

Gertruida ·

Kyk, ‘n man is nie ‘n klip nie en meisies sien nie klippe raak nie, maar ek raak opgewerk al hang die rok tot op die tone, as jy ‘n mooi sagte pols het, hande, slanke arms, nek, die res kan als bedek wees. Praat nie van die gesig nie, sluit my liewer toe.

Gertruida ·

Selfs die kleur van die vel, die tekstuur laat my swymel.

Gertruida ·

Maar wat belangrik is die dame moet mooi gebou wees, nie noodwendig skraal nie. En sluimerend sensueel vat die koek.

Karen van Zyl ·

Goeiemore, ek word elke dag van my werks lewe geteister deur my baas, nie seksueel nie. Ek kan niks doen nie, ons het nie ‘n HR departement nie en die maatskappy bestaan uit 5 personeel en die bestuurder, so, ek kan absoluut niks doen nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.