4 rowers sterf in jaagtog met boere

(Foto: Facebook)

Drie rowers is Vrydag tydens ’n jaagtog in die omgewing van Lichtenburg in Noordwes dood nadat hulle in ’n boer se gesteelde bakkie op die vlug geslaan en teen ’n boom by Springbokpan gebots het. ’n Vierde verdagte het later aan sy beserings in die hospitaal beswyk.

Twee van hul makkers is egter voorgekeer en in hegtenis geneem.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, sê ses mans in ’n Toyota Raider-bakkie het Vrydag omstreeks 13:00 op ’n plaas toegeslaan enkele minute nadat die boer by die huis gekom het.

Die verdagtes het glo vuurwapens op die boer en sy vrou gerig en hulle van kontant, selfone en vuurwapens beroof voordat hulle onderskeidelik in hul bakkie asook die boer se Toyota-bakkie op die vlug geslaan het.

Die boer het sy medeboere van die voorval in kennis gestel waarna twee verdagtes in die Toyota Raider-bakkie kort daarna naby die plaas voorgekeer is. Vier verdagtes in die gesteelde bakkie is ook agternagesit wat ’n jaagtog tot gevolg gehad het.

Die verdagtes het gedurende die jaagtog na bewering skote op die boere afgevuur voordat hulle teen ’n boom gebots het. Drie van die vier verdagtes is op die toneel dood verklaar terwyl die vierde verdagte later in die Thusong-hospitaal in Itsoseng dood is.

Mokgwabone sê die polisie het sewe vuurwapens, ammunisie, kontant, bankkaarte en selfone op die toneel gevind.

Die polisie ondersoek ’n saak van die besit van gesteelde goedere asook onwettige vuurwapens en ammunisie. Die twee aangekeerde verdagtes sal binnekort op aanklag van huisroof in ’n hof verskyn.

’n Geregtelike doodsondersoek word ook gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jaco ·

Waar kom die mense aan so baie vuurwapens,iemand voorsien hulle. Dit is georganiseerde misdaad.

Swerkater ·

Oom Antoon ons is net so dankbaar oom en die tannie is veilig.

Sarel ·

Jaco hoekom dink jy is dasr so baie Transito Rooftogte. Om Misdaad te finansier

oupablits ·

Oorverdowende stilte……..nog geen piep gehoor of gesien oor Eish se verskyning voor die tandlose “integriteits-komitee” gister nie. Hier’s my voorspelling: hy’s skuldig aan die “disrepute” oortreding, maar dit gaan nul, zilch, lutho, zero gevolge inhou.

Werner ·

Ek wil net 2 stukkies raad aan alle plaas eienaars gee. Installeer ALTYD ñ tweede kluis op jou eiendom. In hierdie kluis sit julle ñ paar honderd rand en ñ gedeaktiveerde vuurwapen of twee. Sou jy dan deur inbrekers oorrompel word, is DIT die kluis wat jy aan die misdadigers aanwys en NIE die kluis met al jul waardevolle besittings en bruikbare vuurwapens nie. Tweedens…installeer oral rondom jul wonings hierdie ligte met “motion detector ” sensors. Maar in plaas van dat dit die ligte aanskakel, konnekteer dit op so ñ manier dat dit ñ radio in jou woning aanskakel. Sodra die misdadigers om jou woning beweeg, sal jy bewus wees van hul teenwoordigheig. Sodra hulle jou woning betree, is jy reg vir hulle.(????????

Werner ·

Installeer ALTYD ñ 2de “fopkluis” met geld en ñ gedeaktiveerde vuurwapen of 2 in, en buiteligte met “motion detector ” sensors wat aan ñ radio in woning gekonnekteer is. Sodra hulle jou woning betree, is jy reg vir hulle.(????????)

modiglianigirl ·

Dit is die resultaat van samewerking. Die enigste verweer teen geweld en misdaad is vir die slagoffers daarvan om saam te staan en die aanvallers teen te staan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.