5 vas vir onwettige besit van Sassa-kaarte

Argieffoto

Vyf mense is Saterdag in die vroeë oggendure in Pietermaritzburg in hegtenis geneem vir die onwettige besit van Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa)-kaarte asook die oortreding van die kredietwet, het die KwaZulu-Natalse polisie gesê.

Volgens kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, volg die inhegtenisnemings ná ʼn intensiewe ondersoek na verskeie Sassa-verwante kwessies wat deur die polisie en die Suid-Afrikaanse Poskantoor (SAPO) van stapel gestuur is.

Polisiebeamptes het die verdagtes, almal tussen die ouderdomme van 33 en 47, in Oribiweg in Pelham vasgetrek waar hulle in besit van 250 Sassa‑kaarte, nege selfone, ʼn skootrekenaar en ʼn geheuestokkie betrap is. Die polisie het ook op twee voertuie beslag gelê, het Mbele gesê.

Die verdagtes is na die polisiestasie op Alexandraweg geneem waar hulle van die oortreding van die Wet op Maatskaplike Bystand en die Nasionale Kredietwet aangekla gaan word.

Die verdagtes sal binnekort in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn. Die ondersoek duur voort en die polisie verwag om binnekort nog inhegtenisnemings te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Die verdagtes wou seker vir hulself pensioene verseker met die SASSA kaarte wat lyk my so maklik in die hande gekry kan word soos Snap-kaarte!

Gert ·

Dit gaan oral so. Een het naby my by p&p in Ellisras, vir 5 geld getrek. Pin nommers van n stukkie papier af gebruik.

Neels ·

Lyk my toe CPS ontrek het en nog n sekere persoon wat in beheer van maatskaplike pensioenne herontplooi is , is die Sassa kaarte in derduisende aan vriende en meelopers beskibaar gestel om te herverdeel. Daar word telkens in nuus berigte berig van persone wat met van die kaarte in besit betrap is .,laat mens net wonder hoekom was daar so geveg opgesit om in beheer te bly

Asjas ·

Toe ons aansoek doen vir my Ma se Sassa grant toe vind ons uit hulle betaal “haar” alreeds die afgelope 6 maande uit. Kon dit trace tot by die tehuis maar niemand wou iets daaraan doen nie.

Nienie ·

My ma se SASSA kaart is in Nov 2018 gekloon deur amptenare v SASSA. Al haar geld was onttrek. Die nodige saak is gemaak, saakno gegee, maar my ma het tot nou toe nog nie geld vir daardie maand gekry nie. Net n nuwe kaart is uitgereik.

Louis leeu ·

Dan is daar mense wat regtig SASSA nodig het en elke keer as hulle gaan aansoek doen word hulle weg gewys .wat n korrupte spul net soos die hele regering

Ella ·

@ Louis leeu: ek is een van daardie. Probeer al seker 4 jaar. Nooit tevrede met my dokumente en soek altyd nuwes of ander soorte.
Nou wonder ek of “ek” nie ook al geld kry wat in ander se hande beland. Dalk die rede waaroor ek so sukkel?

Gemaskerde Sopbeen ·

As jy “in charge” is van wie die uitbetalings maak…..en jy kry ‘n 50 randjies vir elke duisend wat uitbetaal word…..dan kan jy nie wharrie oor daai pensioen wat die vorige pos vir jou vir lewenslank belowe, en waaraan ek help afbetaal, nie…..Goeiste, maar die soustrein het baie trokke…..

Maljan ·

Wat van die gevalle waar pa en ma altwee werk en kindertoelae kry? Wat van diegene wat nog werk en p.a.y.e betaal en SASSA kry want hy/ sy is oor is oor 60? Dis ook bedrog.

martin cilliers ·

jou kaart word beskerm deur jou vinger afdrukke!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.