50 jaar tronkstraf vir diefstal van meer as R500 miljoen

Hildegard Steenkamp (Foto: Facebook)

Hildegard Antoinette Steenkamp (50) is Vrydag in die Palm Ridge-landdroshof 50 jaar tronkstraf opgelê ná sy meer as R500 miljoen verduister het.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), sê dit volg ná ʼn deeglike ondersoek na Steenkamp oor bedrog by haar werkgewer, die farmaseutiese maatskappy Medtronic.

“Die Valke het ná ʼn drie maande lange ondersoek op Steenkamp se huis toegeslaan. Daar is beslag gelê op die vrou se 11 luukse voertuie, motorfietse en sewe eiendomme, sowel as meubels, toestelle en juweliersware van miljoene rand.”

Steenkamp, van Cinderella, Boksburg, het tussen 2004 en 2016 as ʼn rekenmeester by Medtronic, ʼn internasionale verskaffer van mediese toerusting gebaseer in Midrand, gewerk.

“Sy het betalings gedupliseer en die geld direk in haar oorlede man se bankrekening inbetaal.” Sy het uiteindelik R537 miljoen verduister.

Steenkamp het glo ook minstens R67 miljoen by Emperors Palace weggedobbel.

Steenkamp het skuld beken op die 336 aanklagte teen haar. Sy sal effektief 50 jaar tronkstraf uitdien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.