7-jarige seuntjie verdrink in KZN

(Argieffoto)

’n Sewejarige seuntjie het vanmiddag in ’n openbare swembad in Tongaat, noord van Durban, in KwaZulu-Natal verdrink.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is omstreeks 15:06 na die swembad ontbied waar lewensredders reeds die kind uit die water gebring het.

Die seuntjie het in die stadium nie meer gereageer of asemgehaal nie en lewensredders het mond-tot-mond-asemhaling op die kind toegepas tot paramedici by hulle oorgeneem het.

Die kind se toestand het egter al meer verswak en hy is op die toneel dood verklaar, sê Herbst.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

daniel ·

Hoe is dit moontlik dat n 7 jarige by homself by n publieke swembad is sonder toesig?.

Christa ·

Waar was die ouers. Water is n Groot aantrekking vir Kinders.

chrisjan ·

WAAR was sy ouers?Jy hou darem jou kind dop in ‘n swembad.

DS ·

Waar was die ouers en is daar nie ‘n lewensredder aan diens gewees nie. Indien daar wel een aan diens was het hy duidelik pligversuim. Onaanvaarbaar indien daar nie’ n lewensredder aan diens was nie dan moet die munisipaliteit verduidelik!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.