8 Jhb-werknemers gepos ná ondersoek

Die Stad Johanesburg. Foto: Facebook

Agt werknemers van die Stad Johannesburg is ontslaan nadat hulle daaraan skuldig bevind is dat hulle ʼn bod-evalueringsproses gemanipuleer het.

Volgens Nic Botha, strategiese adviseur in die kantoor van die burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese ontwikkeling, is die werknemers verder daaraan skuldig bevind dat hulle bykomende en ongegronde betalings aan ʼn diensverskaffer gemagtig het.

Die werknemers se ontslag volg op ʼn lang dissiplinêre proses wat aan die lig gebring het dat ʼn begroting van R54 miljoen vir die COP17-geleentheid in 2016 oorskry is en dat nagenoeg R66 miljoen uiteindelik spandeer is. COP17 is ʼn internasionale klimaatberaad wat ten doel het om onwettige handel in fauna en flora te bekamp.

Botha het gesê daar is bevind dat die werknemers verskeie ongegronde en ongemagtigde bykomende betalings gemaak het aan ʼn diensverskaffer, bo en behalwe die R54 miljoen.

“Die werknemers wat betrokke was by die opsetlike manipulasie van die bod-evalueringsproses en die onwettige betalings het in die departemente ekonomiese ontwikkeling, finansies, omgewingsake, infrastruktuur en die regsafdeling gewerk.”

Volgens Botha duld die huidige veelpartyregering in die metro nie korrupsie en die misbruik van belastingbetalers se geld nie.

“Die Stad sal voortgaan om op te tree teen korrupsie en om werknemers te ontslaan wat die vertroue en verantwoordelikheid wat in hulle geplaas is te misbruik.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

sandra ·

Is dit nou ‘n geval van nuwe besems vee skoon? Ek hoop van harte dis die eerste van vele afdankings en o ja, geen pensioengeld uitbetaal het, hulle het dit mos reeds ontvang

Pampoen ·

Hoop die geld word van hulle terug gekry en hulle moet geen pensioen kry. Ons is moeg dat alles op gaan . Ons pensioen gaan nie so op dat ons Al die verhogings kan dek nie wat deur korrupsie veroorsaak word

Milwa ·

Ek hoop hulle name word bekend gemaak en die geld terug verhaal

Gert van Wierdapark ·

Ek probeer vir die derde keer kommentaar lewer! Gee die 8 se name want lyk my die R200 miljoen is sommer nou hul pensioenbetaling! As JHB dit toelaat sonder om hul te vervolg, gaan die DA sy, alie in die 2021 plaas like regering-verkiesing sien!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.