AA soek duidelikheid oor RTMC-fooie

(Foto: Maroela Media)

Die Automobiel-Assosiasie (AA) het ʼn petisie van stapel gestuur oor “verregaande” voorgestelde fooie vir rybewyshernuwings en voertuigregistrasies.

“In die week sedert die AA sy kommer uitgespreek het oor voorgestelde wysigings aan die fooie deur die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) vir aanlyn besprekings van rybewyshernuwings, is daar nog geen regstelling gepubliseer oor dié fooie nie,” het die AA in ʼn verklaring gesê. Die AA waarsku dat, indien die fooie, soos wat dit tans in die Staatskoerant gepubliseer is, nie gedaag en gewysig word nie, sal dit wettig goedgekeur word.

Die departement van vervoer het op 3 September in die Staatskoerant onder andere aangedui dat aanlyn besprekings vir die hernuwing van rybewyse voortaan R250 sal kos.

Die AA sê hy volstaan by sy vorige assessering dat die gepubliseerde fooie ʼn gebrek aan sensitiwiteit uitbeeld vir die log van motoriste wat eenvoudig nie hul bestuurslisensies kan hernu nie. Die voorstelle sluit ʼn koste van R250 in vir motoriste wat aanlyn besprekings wil doen om hul rybewyse te hernu (dit is slegs vir die bespreking, dit sluit nie die koste in om die lisensie te hernu nie), R700 vir aanlyn registrasie van motorvoertuie, en R700 vir aanlyn verandering van eienaarskap van motorvoertuie. Hierdie fooie is bykomend tot sogenaamde transaksiefooie van R72 vir elke transaksie wat deur die RTMC uitgevoer word en R99 afleweringsfooi van die rybewyskaart.

“Toe die kwessie van die R250 vir aanlyn besprekings aangeroer is, het die RTMC hul na sosiale media gewend en persverklarings uitgereik wat aanvoer dat die AA en ander die publiek mislei. Hulle het gesê die R250 vir aanlyn besprekings sluit die koste in om ʼn rybewys in kredietkaartformaat uit te reik – dit word egter nie só in die Staatskoerant aangedui nie. Enige misverstand kan toegeskryf word aan die swak en onduidelike bewoording in die Staatskoerant waar die fooie aangekondig word, en nie die verkeerde interpretasie daarvan deur die AA nie. Ondanks alle ‘korreksies’ deur die RTMC is die voorgestelde regulasies nog nooit amptelik gewysig nie.”

Volgens die AA is dit belangrik om kennis te neem dat plasings op sosiale media, persverklarings en media-onderhoude nie as ʼn amptelike kennisgewing dien of wysiging is nie, veral nie van ʼn kennisgewing wat reeds amptelik in die Staatskoerant gepubliseer is nie. Slegs ʼn herpublikasie van die kennisgewing, met die korrekte en spesifieke bewoording, sal wetlik voldoende wees.

Die AA het ʼn aanlyn petisie van stapel gestuur teen die voorgestelde fooie wat op 4 Oktober aan die departement van vervoer oorhandig sal word. Die petisie is hier beskikbaar.

Buiten dié kwessie bevraagteken die AA ook die koste van rybewyshernuwings wat van provinsie tot provinsie verskil. In Gauteng en KwaZulu-Natal betaal motoriste baie meer as motoriste in byvoorbeeld die Wes-Kaap. “Gautengse motoriste het geen alternatief nie en word gedwing om van die disfunksionele aanlyn besprekingstelsel gebruik te maak. Dit blyk egter dat dié stelsel teen ʼn koste kom wat motoriste in dié provinsie benadeel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Pieter ·

Die belastingbetalers moet bly betaal vir die brein dood anc se gemors. Gaan ons nooit standpunt in neem teen die klomp sleg kommuniste nie.

Tiptol ·

Hulle is baie goed met planne uitdink om geld in die hande te kry. Maar hul kan dit glad nue reg bestuur nie.

Filistyn ·

Daar moet planne gemaak word – die beursies is leeg . . .

Sarel ·

Ek sien of hoor nie van een Politueke Party wat werk.om die huidige stelsel te skrap nie…maar stemne word gewerf

Charl ·

Darem maar lagwekkend pateties hoe hulle hulself daarvan distansieer en die skuld op almal behalwe hulself pak wanneer hulle in ‘n hoek gedruk word ??

Pieter ·

Soos die stelsel tans werk is die geel vorm die verandering van eiendomsreg, en die blou vorm die registrasie. Dit beteken dus dat vir elke keer wat die voertuig verkoop, die fooi sal wees R700 vir verandering, R700 vir registrasie en ongeveer R700 vir lisensie, tesame met die R72 vir admin.
Ongeveer R2300 elke keer wat ‘n kar verkoop word.
Dit is eenvoudig afpersing deur die staat. Wanneer jy ‘n kar besit, gaan jy hoes. Lisensie, oordrag, registrasie, tolgeld, brandstogheffing en btw. Dalk is daar meer.
Ons moet dit beveg met alles waarmee ons kan.

Swerwer ·

Die ANC soek geld vir hul mislukte Regering, wat nie bevoeg is om ‘n land te bestuur/beheer nie.
Erger as bosluise

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.