R700 vir registrasie van voertuig ‘belaglik’

Motoriste en bedryfsorganisasies is woedend oor die voorstelle.

Motoriste en bedryfsorganisasies het woedend gereageer op voorgestelde gewysigde gelde vir dienste wat die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) lewer.

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, het die voorgestelde wysigings verlede week in die Staatskoerant aangekondig.

Een van die voorstelle is dat motoriste voortaan R250 opdok net om ʼn aanlyn bespreking vir die hernuwing van ʼn rybewys te maak.

Die aflewering van só ʼn kaart beloop R99, aanlyn registrasie van ʼn voertuig deur die eienaar sal ingevolge die voorstelle R700 beloop en ʼn aanlyn kennisgewing vir verandering van eienaarskap van ʼn voertuig sal jou ook R700 uit die sak jaag.

Binne net enkele dae was daar reeds heftige teenkanting van die voorstelle wat onder meer as rowery van motoriste bestempel is.

Motoriste sukkel reeds maande lank net om aanlyn tydgleuwe te probeer kry om hul rybewyse te hernieu. Om skande by skade te voeg, wil die departement nou gelde wat hiermee verband hou beduidend verhoog.

Die Automobiel-Assosiasie (AA) het dit as ʼn belediging vir burgers bestempel en sê dit is “rowery van motoriste”.

“Die voorstelle word bekendgemaak op ʼn tydstip wanneer miljoene motoriste – weens geen fout aan húl kant – nie hul lisensies kan hernieu nie en mense finansieel swaarkry.

“Tog dink die regering dit is wys om die lyding te vererger deur buitensporig hoë gelde voor te stel vir die lewer van die mees basiese dienste wat alreeds danksy belasting deur die vervoerbegroting gedek moet word,” sê die AA.

Die organisasie sê die voorstelle het geen konteks, verskaf geen rede vir hoe daar op die voorgestelde gelde besluit is nie en verduidelik ook geensins die dienste waarna verwys word nie.

Betalingstrukture vir dienste soos sagtewareontwikkeling en bedryfsteun is ingesluit – sonder enige rede hoekom.

“Nie net is die voorgestelde gelde belaglik nie, die manier waarop dit aangebied word, is ook benede peil en maak ʼn bespotting van enige vorige verklaring van die departement van vervoer oor sy voorneme om die stelsel tot voordeel van mense reg te ruk.”

Die AA het intussen ook ʼn aanlyn petisie teen die voorgestelde gelde van stapel gestuur en sê hy sal voor 4 Oktober, die sperdatum vir die indien van kommentaar op die voorstelle, sy voorlegging daaroor indien.

Volgens die organisasie moet die gelde beskou word binne die konteks van die RTMC se oorskot vir 2019-’20 – wat op byna R262 miljoen staan – en wat daarop dui dat motoriste reeds te veel betaal vir dienste.

Adv. Makhosini Msibi, uitvoerende hoof van die RTMC wat moet verseker alle stelsels werk, verdien jaarliks boonop ʼn allemintige R9,3 miljoen, sê die AA.

Die drukgroep Outa het die voorstelle onomwonde verwerp en sê die regering kan nie ʼn “stukkende stelsel” probeer regmaak deur motoriste R250 te vra net om ʼn plek in die tou te bespreek nie.

Outa sê dit is die staat se plig om dienste aan mense te lewer om te verseker die samelewing voldoen aan wetgewing en bepalings. Wayne Duvenage, uitvoerende hoof van Outa, sê ʼn R250-fooi kan nie gehef word as dit nie vir instapkliënte geld nie.

Die regering se werk is om dit maklik te maak vir mense om hul rybewyse te kry en te hernieu. Daar kan dus nie van motoriste verwag word om te betaal om dienssentrums binne te gaan of in toue te staan om hul transaksies af te handel nie.

“Ons verstaan nie die staat se uitgangspunt om verregaande bedrae te vra net om ʼn aanlyn bespreking te doen om ʼn rybewys te hernieu nie.”

Motoriste dok boonop reeds R72 per transaksie vir die RTMC op net om die nasionale voertuig- en rybewysregister te administreer.

“Dit is niks anders as ʼn geldmaakspul nie en moet deur die hele samelewing verwerp word. Ons kan nie die verwagte modernisering van die staat se werkprosesse laat onderwerp aan uitbuitende praktyke nie.”

Duvenage sê Outa sal ook sy voorlegging hieroor doen.

“Die gelde is belaglik en onaanvaarbaar.”

Duvenage sê weens die misbruik van staatsgeld deur korrupte amptenare is die staat waarskynlik nie in ʼn posisie om die dienste gratis te lewer nie. “Hoekom moet wetsgehoorsame burgers betaal vir die regering se onvermoë om korrupte amptenare aanspreeklik te hou en gesteelde geld terug te kry?”

Outa gaan Mbalula ook vra vir die rekord van besluitneming wat gelei het tot die voorgestelde gelde en het ʼn beroep op mense gedoen om beswaar teen die voorstelle te maak.

Wheels24 het vroeër berig die Instituut vir Bestuursinstrukteurs van Suid-Afrika (SAIDI) sê die RTMC word toenemend ʼn organisasie wat motoriste nie kan bekostig nie.

SAIDI sê die RTMC steier van die een flater na die volgende en dat die NaTIS- aanlyn besprekingstelsel ongetwyfeld gebroke is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Misky ·

Ek wonder watse graad en of opleiding het die persoon wat die bewoording van daai fooie opgestel het? ‘n “Credit card format driving licence”…. huil mens of lag eerder oor denkvermoë

Marshall ·

You are confused between intelligence and education. Intelligence is overwhelmingly genetically determined. Geneticists have so far identified some three hundred single nucleotide polymorphisms on the human genome which code for intelligence. It is not training which is lacking in SA, it is intelligence. The mean IQ of the majority is 69. This results in illogical decisions being made which is having such negative consequences for SA.

SjN ·

Wys my n plek waar hy betrokke was en suksesvol was, trotse Kader.

Stephen ·

Wat die mense vergeet, hulle moet meer vra/uitbuit, om meer te kan verduister en wanbestuur…..

cccp ·

Korrupsie, vermorsing, en onbevoegdheid – dit is basies die enigste areas waarin hierdie ANC-sirkus uitblink.

Nie Verbaas ·

Ja, hier presteer hulle op 110% en nie 35% en minder soos met studies nie.

Adeline ·

Die cANCer is bankrot geen geld meer nie alles opgebruik en gemors deur diefstal in elke departement en deel waarvan hulle deel is of hulle hande op het- die kriminele kultuur sal nou verder gaan om te roof wat absoluut verbysterend is – en wonner bo wonner kla mense – en weereens is daar niemand in hierdie land wat die krag of mag het om hulle te keer nie – bewys my verkeerd

Jessey ·

Eerste vraag wat ek altyd vra is wie word gebruik vir die ontwikkeling, en wie deel in die “spoils” hiervan.

Nice try Frikkie

Kobus ·

Hy praat voor en sonder om te dink.Beslis onder top 5 useless ministers.

Duck ·

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula se voertuie word deur die staat betaal, hoekom sal hy nou nie juis ‘n probleem het oor hoèr gelde. Dan kort die ANC nog geld ook, en moet nie vergeet van die vandalisme in Natal en Pretoria etc. nie. Erens moet die geld verhaal word. Petrol pryse en nou die lisensies.

Malan ·

Waar anders sal onse minister dan nou geld kry om te gaan boks kyk in Amerika?

Kokerboom ·

In baie moeilike ekonomiese tye pers die vervloekte gierige regering en sy patetiese onbevoegde vetgevrete kaders alle bloed uit ‘n reeds voosbelaste klein groep belastingbetalers. Dan predik hul vol bravade: ” A better life for all”. Wat regverdig die massiewe vergoeding vir hoof van RTMC? Ons verag hul met ‘n passie

Nie Verbaas ·

Mbalula, wys ons een wyse besluit wat jy al geneem het behalwe om toebroodjies in te pak vir ‘werk’

Aai ·

Hulle kan nie almal toesluit ons moet net almal sonder rybewyse ry so maklik soos dit.

Gert ·

Ja en die wet se bewoording lui jy Mag dit hernu en nie jy Moet dit hernu nie so ry met jou ou kaart

Dirk ·

Die hele ding is,geld raak nou seker te min om te gebruik vir private doeleindes nou moet die publiek opdok om dit weer vol te maak vir hulle sodat hulle lekker lewe kan voortgaan..

Persheks Adri ·

Duidelik het hulle iets gerook of gedrink met die vertraagde wysiging! Gaan die taxi’s ook betaal of net ons?

Aai ·

Mr Mbalula waar koop jy jou sokkies ek wil ook he dat ek hulle kan rook soos jy?

Janine ·

My WETTIGE (lees: WETTIG verkry, voor anc oorgevat het!) lisensie verval nie. Slegs die kaart. So loop vlieg! Ek weier om meer te betaal vir ‘n simpel kaart!

Tipper ·

Abba sing,money,money,en deur dit het hulle miljoene gemaak.

piet ·

Ha, ha. dis nou presies ‘n jaar wat ek nie meer ‘n kar besit nie. Ry fiets dat dit klap, so ‘n afstandjie van 7km is niks meer vir my nie want jy raak lekker fietsfiks. Dis baie bevrydend, probeer gerus as jy enigsins kan.

Pieter ·

Ons mense is te facy vir fietsry. Kan jy jou voorstel. Mev Dokter op ‘n fiets. Julle laat my nou lekker lag.

Mariana ·

Die Mbalula betaal mos niks uit sy eie sak uit nie en gee nie om hoeveel ander moet opdok nie. Hy kan nie besluite neem nie want hy het nie ‘ n idee van enigiets nie. Net nog een wat dink hy kan maak soos hy wil. Oral waar hy nou al minister was, het hy liederlik gefaal.

Porseleintjie ·

Hierdie regering en geld laat my aan PAC man dink. Sinoniem met mekaar.

Hardekwas ·

Ek stel voor MM se volgende weeklise peiling moet n stemmery wees om die mees patetiese minister aan te dui.

Casper ·

Dit gaan vrek moeilik wees. As ons net kan sien watse kwalifikasies hulle het om in sekere portefuljes te kan dien. Die sleutel woord is dien. Ou stortkop speel nou woer woer met almal. Ou hoed is so mal oor publisiteit. Wat het van die veraaier geword? Bly hy nou op ‘n griekse eiland.

Cecilia ·

So ek moet nou R250 opdok om online iets te doen. Waarvoor daar nie n salaris aan n Kader betaal word nie. Charge d walkin’s d fooi! As hul nie kan beplan nie moet hulle betaal. Maar dit sal hulle nie doen nie want d wittes kan beplan en sal online bookings doen.

Meisie ·

Al betaal mens online vir n plekkie staan mens steeds in die bloedige son en wag net so lank soos die “walk-ins”

Blikkies ·

Al wat in my brein vasteek is Msibi se jaarlikse salaris van 9.3 Miljoen rand, kan nie verder alles in die berig onthou nie. Dis waar daai nuwe pryse heen gaan, vir sy volgende 9.3 verhoging. Dan moet my kar maar staan en ek sonder n lisensie ry, die res van die mense sien ek kom niks oor nie?

Pieter J ·

Die onbevoegde ANC kaders dink dit is soos jy ń land en enige organisasie bestuur. As die geld op is verhoog jy doodeenvoudig die tariewe. Dit sal ook nooit verander nie. Kyk maar net hoe lyk dinge in die lande noord van ons.

Phixie10 ·

As jy ‘n wettige bestuurliksensie gekry het, is dit geldig totdat dit gekanselleer word. Die kaart wat vyfjaarliks hernu word is slegs ‘n ‘liksensiekaart’. As die kaart verval het beteken dit nog steeds jou bestuurliksensie is geldig. My voorstel is, kry jou bestuursliksensie (oorspronklik) in die kaart formaat en dit is geldig vir die res van jou lewe of totdat dit gekaselleer word. Soos jou ID-kaart. Almal spaar geld en die owerhede het dan meet tyd om seker te maak dat almal kan bestuur!

Adelaide ·

Kom ons probeer weer. Ek koop dan eerder my kaart op die swartmark – minder frustrasie en goedkoper. Of ek my geld nou gee vir die skelm regering of swartmark is seker omtewe. My keuse

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.