‘Aanranding’: Magudumana verkla DKD by polisie

Dr. Nandipha Magudumana (Foto: Skermskoot)

Die veroordeelde moordenaar en verkragter Thabo Bester se vriendin, Nandipha Magudumana, het Woensdag ’n saak van aanranding teen die departement van korrektiewe dienste (DKD) aanhangig gemaak.

Dié klagte is by die Parkweg-polisiestasie in Bloemfontein ingedien.

Magudumana beweer dat sy by die Kroonstad-gevangenis aangerand is, waar sy oënskynlik in die hospitaal-afdeling opgeneem is.

Die nuus oor die aanrandingsklag volg nadat Magudumana Woensdag kort voor haar verskyning in die Bloemfonteinse landdroshof flou geword het.

Maroela Media het vroeër berig Magudumana het in die selle by die Parkweg-polisiestasie flou geword. Sy is per ambulans hospitaal toe geneem vir mediese behandeling.

Sy is daarna na die hof geneem, maar het glo geweier om te verskyn en het in die hofsel gebly.

Dit is nie bekend of Magudumana se floute en die aanrandingsklag verband hou nie. Maroela Media het duidelikheid hieroor in ’n navraag aan die DKD gevra en kommentaar sal bygewerk word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Kobus ·

Is haar van nie dalk “ZUMA” nie? Genade, hierdie vrou probeer enige truuk in die boek.

Gert ·

Speel vir tyd! Sy moet versigtig wees om sulke aantygings te maak of klagtes te le…… Sy gaan weer terug selle toe en dan……..

Amelia ·

En die mense wat haar vriend verkrag en vermoor het is hul nie ook aangerand nie Word daar nou weer aandag gesoek ek dink die 2 kry te veel aandag van media

George ·

Hierdie dame is besig met een of ander slinkse plan…sy moet baie fyn dop gehou word want voor DKD hulle ogies uitvee het sy tussen matras en vloer net verdwyn…..slinkse een die en baie arrogante houding

Frikkels ·

Hoe word ñ gevangene met sulke ernstige aanklagte teen haar toegelaat om teen klagtes in te stel terwyl sy in die tronk is. Van waar kry sy daai reg? Dis net in suid afrika waar sulke narre eskapades plaasvind!

George ·

Want die regstelsel se onskuldig tot skuldig bevind word, en al het jy ernstige aanklagtis teen jou, kan jy mense aanklae wat jou aanrand.

George ·

I mean kyk na Oscar, MOORD en ons gaan hom vrylaat na wat, 10 jaar?

Bolandse Nooi ·

Ag hete, bou tog ‘n bruggie en kom óór Oscar Pistorius? Hy het ten minste erken wat hy gedoen het, sy straf uitgedien. Hierdie antie probeer nog die hele tyd vervolging ontkom.

Niklaas ·

Hier is nou een briljante aktrise. Gelukkig is sy nie uit op parool nie …nog nie.

Fritz ·

As jy vandag nie hof toe wil gaan nie, sit net op die sel se vloer en niemand mag aan jou raak nie! Jou regte mag nie aangetas word nie.

Patch ·

Kan sy regtig weier om nie in die hof te verskyn nie? Sien die mense nie deur haar nie, sy is ‘n regte slinkse jakkals.
Miskien moes sy eerder aktrise ipv dokter geword het, klink my sy is baie goed met toneelspeel.

Aai ·

Sy is baie slink sal niks glo wat sy se jy kan jouself beseer en iemand die skuld gee.

KB ·

Party berigte is soos ʼn sepie:
Jy lees een nuwe paragraaf, en die res is herhalings uit vorige “episodes”.

Bolandse Nooi ·

‘n Benoude kat (op ‘n warm stoofplaat) maak benoude spronge. Nee, antjietjie … moenie dink jy gaan wegkom nie. Jou lah-di-dah-leefstyl met jou verkragter-moordenaar-“side-piece” is op ‘n einde. Nou val jy kamma flou, dan word jy kamma aangerand deur die DKD-personeel wat jou moet oppas of hospitaal toe vat en dan WEIER jy om in die hof te verskyn? Nee wat, sussa, vat jou pak soos ‘n vrou … jy het ‘n krimineel gehelp ontsnap en jy het hom skuiling gegee. Jou dag van verrekening het aangebreek.

AH ·

Ek stem 100 % saam maar met ons regstelsel wat so korrup is is dit nie onmoontlik dat sy skotvry daarvan kan afkom nie. Dis om van naar te word.

Marthinus Johannes ·

Die ou ou storie. Almal volg JZ se voorbeeld. Die een vertragings tatiek na die ander.

Anon ·

O my jinne tog… Die arme bloedjie kry só swaar! So dramaties en niemand gee ‘n duit om nie. Kry vir jou, skelm!

Jacobus ·

Ondervra dalk haar naeltegnikus of harestileerder of miskien die sjoufeer wat haar hof toe ry.

Estelle ·

Sy wou nie hof toe gaan nie want haar hare en naels was seker nie betyds gedoen nie.

Gerhardus ·

Alles net vertragings taktiek en ‘n moontlike ontsnappingspoging.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.