‘Aanstelling van kragminister ʼn flop’

Kgosientsho Ramokgopa het al verskeie kragsentrale besoek. (Foto: GCIS)

Die National Freedom Party (NFP) sê die aanstelling van Kgosientsho Ramokgopa as minister van elektrisiteit is ʼn reuseflop en kan vergelyk word met oudpres. Jacob Zuma se besluit om Des van Rooyen destyds as minister van finansies aan te stel.

Van Rooyen was in 2015, tydens Zuma se termyn, vier dae lank die minister van finansies. Dit was ʼn aanstelling wat sommige kenners sê die land se ekonomie in minder as ʼn week R500 miljoen gekos het.

Die NFP eis Ramokgopa se onmiddellike bedanking, aangesien hy nie die land se ligte kan aanhou nie.

Canaan Mdletshe, sekretaris-generaal van die NFP, sê daar was groot opgewondenheid toe pres. Cyril Ramaphosa hom daartoe verbind het om die land se kragkrisis te hanteer deur ʼn minister van elektrisiteit aan te stel.

“Die werklikheid begin nou insink dat dié aanstelling ʼn flop was,” sê hy.

“Eintlik is dit erger as toe oudpres. Jacob Zuma Des van Rooyen as minister van finansies aangestel het.”

Mdletshe sê Ramokgopa is soos ʼn toeris wat kragsentrales gaan besoek, maar niks werklik doen om dié kragstasies se sukkelende vertoning te verbeter nie.

“Sy manewales skep die wanindruk dat hy op koers is om die ligte aan te hou, maar in werklikheid vererger die situasie net.”

Dr. Kgosientsho Ramokgopa (Foto: GCIS)

Eskom het Donderdag gemaan dat fase 7- en selfs fase 8-beurtkrag dié winter moontlik op hande kan wees. Soos dit nou staan wissel die beurtkragfases reeds grootliks tussen fase 5 en 6.

“Suid-Afrika is op die rand van algehele duisternis,” waarsku Mdletshe.

“Dit is ʼn hartseer toedrag van sake as ons land voor ons oë inmekaarstort. Ons land verdien beter. Burgers kan nie voortgaan om vir ure aaneen sonder krag te sit nie.”

Mdletshe sê benewens Ramokgopa se versuim om enige veranderinge aan te bring, word geen vertroue by mense ingeboesem met die binnegevegte in Eskom se bestuur, die raad en die minister van openbare werke nie.

“Hierdie streke vererger die situasie en maak dit byna onmoontlik vir Suid-Afrikaners om hulle te vertrou as hulle onderneem om die uitdagings by Eskom te pak.”

Die NFP sê hy het alle vertroue in die minister van elektrisiteit verloor en dat hy as ʼn saak van dringendheid uit sy amp verwyder moet word.

“As hy enige soort liefde vir sy land gehad het, sou hy self op hierdie oproep ag slaan en loop.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Manie ·

Onder die krag minister is ons gereeld op verskuilde fase 8.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis die man se nalatenskap. Die land op fase 8 geplaas sonder dat ons dit besef het.

Pieter ·

Enige iets van die cANCer is n flop. – Hulle moet uit. Nes alles van eff n flop is. (Ou cANCer se kinders)

George ·

Maar hoe anders gaan Cyril sy maaitjies miljoene kan gee uit ons sakke uit. Mark my words, Cyril is meer korrup as Zuma.

Manie ·

Ek het aanvanklik baie hoop in Ramaphosa gehad, omrede hy reeds ‘n miljardêr is en dus nie nog geld nodig het nie, maar ek was ongelukkig verkeerd.

Danie ·

Hoe meer hulle het hoe vraatsiger is hulle.Tevrede met niks.

Duitser ·

Alles wat die regering aanpak is ‘n flop.

Of is daar regtig mense wat gedink het dit gaan werk?

Althes ·

Erken nou maar Eskom het gesink en hou op ons belastingbetalers leeg suig om onnodige mense aan te stel wat niks weet wat aangaan nie

Marthinus Johannes ·

Hy moes lankal weg gewees het, was veronderstel om net daar te wees vir die sogenaamde nood toestand wat alreeds opgeskort is. Wat SOEK hy nog daar. Lyk my maar net Nog een van CR se gas by die extend tafel.

Anel ·

Het van die begin af nie gedink dit gaan werk nie. Die ou weet niks van elektrisiteit nie. Nog ‘n useless aanstelling wat ‘n buitensporige bedrag geld betaal word om die ligte af te hou!!!! Kon dit gebruik het om by privaatinstellings krag te kry. Maar nee!! En as hy dan so goed was, wat maak die skepe in ons hawens?

Di ·

Net nog ‘n onbevoegde kader wat net aangestel is om homself te verryk met belasting betalers se geld!

Stephanus Hendrik ·

Van die begin af geweet dat hierdie krag minister nie gaan werk nie. Net geld mors en gemors alreeds. Hoe meer daar mense aangestel word hoe minder krag is daar. Hierdie krag situasie gaan die land totniet maak. Kan regering dit nie sien nie. Of is hulle nie bevoegd om dit reg te kry nie.

Kenny ·

Waar gaan hy bedank dis mos lekker geld wat hy verdien
Tussen hom en sy vrou kan hulle ‘n bank begin

Michael ·

Alles wat hulle doen het nog net geflop. Fase 8 geld al lankal-hulle probeer wol oor ons oe trek. Die plan is om Eskom te laat vou

Papsak ·

Ja nee kyk dit gebeur as jy n burgermeester wil wees en dan n krag minister word sommer ek dit us hartseer om te suen hoe kwyn ons jrag en land onder anc kaders Ramaphosa en almal van hulle weg ek gese hy kan niks vir eskom beteken nie asb skrik wakker en stel regte ministers aan asb iets moet nou drasties gedoen word

Daniel ·

Ek is seker hy lag al die pad bank toe vir wat hulle hom betaal sonder dat hy enigsins ‘n verskil gemaak het aan die situasie!
ANC sirkus duur voort!

Andries ·

Inderdaad. En hiervoor word hy byna R7000 p dag betaal – ander voordeke, krag, water, motor, brandstof ens uitgesluit.
Verder wag ons in spanning om te verneem wat sy eintlik ‘pligstaat’ behels… 2 Sept 2015 stel CR dat ons binne 2 jaar sal vergeet het van beurtkrag. 2016 sê JZ, NEVER NEVER be load shedding again. Gister, is FB aan di woord en sal beurtkrag einde 2023 waarskynlik tot di verlede hoort… Di Regering het absoluut geen geloofeaardigheid ni.

Jack ·

Ons is reeds in fase 11 omdat my krag daagliks 11 ure af is. Ek val nie vir die argument dat die fases per week bepaal word nie. Elke uur wat my krag af is, is n fase. Punt, saak afgehandel.

Die minister van elekrisiteit is n “SKOKKENDE” plan van cyril om tyd te mors sodat ons op die punt kan kom van n totale ineenstorting. Alles wat cyril doen is in opdrag vd NWO en WEF en om vir tyd te speel.

Marcello ·

Ja, die President is vinnig om te sê: Andrè de Ruyters het niks gedoen nie, MAAR wat gebeur dan nou.? Wie doen nou iets aan die saak. Andrè kon nie, want hy was gesaboteer.

Danie ·

Selfs as hy bo natuurlike krag of magte beskik het sou hy niks bereik het nie.Dit is maar net nog n job vir n pel.

Windhond ·

Die ANC het n lys van lede wat by die kos trog moetkom vreet en diegenewat nog nie beurt gehad het nie, raak nou paniekerig met die wat dit al lyk of die ANC volgende verkiesing gaan inplof, so die name word nou vinnig ingedruk om elk n eetsessie in te kry

Christina ·

Lees die minister is in Rusland? Wat gaan hulle hom leer?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.