‘Aanvaller’ jaag student na hospitaal

Argieffoto

ʼn Student van die Walter Sisulu Universiteit in Oos-Londen is deur sy beweerde aanvaller hospitaal toe geneem nadat dié glo die slagoffer met ʼn mes gesteek het.

Kapt. Hazel Mqaia, polisiewoordvoerder, sê die voorval het in ʼn koshuis plaasgevind nadat die slagoffer (24) en die verdagte (29), albei studente en inwoners van dieselfde koshuis, in ʼn argument betrokke was.

Die slagoffer was na bewering besig om Maandagaand sy koshuiskamer skoon te maak toe die beweerde aanvaller verbygeloop het. Dié het glo ʼn opmerking gemaak oor die feit dat die student sy kamer met ʼn tipe moetie skoonmaak.

“Die slagoffer was nie beïndruk met sy medestudent se opmerking nie en die twee het mekaar te lyf gegaan. Ander studente het ingegryp en die slagoffer het weer by sy kamer ingegaan,” het Mqaia gesê.

Die verdagte het hom egter agternagesit en in sy kamer vasgekeer. Volgens ooggetuies het die verdagte reeds ʼn mes in sy hand gehad toe hy die slagoffer se kamer ingegaan het.

“Die oorledene het ʼn skêr opgetel om homself te verdedig, maar is twee maal gesteek terwyl sy rug na die verdagte gedraai was.”

Ná die voorval het die verdagte die slagoffer met behulp van ʼn ander inwoner van die koshuis na die hospitaal geneem. Die slagoffer het met sy aankoms by die hospitaal aan sy beserings beswyk, terwyl die verdagte vir geringe beserings behandel is.

Polisiebeamptes het die verdagte by die hospitaal in hegtenis geneem.

Hy sal na verwagting Woensdag in die landdroshof in Oos-Londen verskyn. ʼn Aanklag van moord kan die verdagte moontlik in die gesig staar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Bertus ·

Nou het ek alles gehoor, sien, ruik, voel en gelukkig nie ervaar nie … ek het net soveel senses wat kan by bly in die bose tye ….

Tiptol ·

Dit het alledaags in SA geword om iemand met ‘n wapen aan te val vir die geringste ding.

Mariana ·

Sjoe maar mense raak al hoe meer aggressief. Nou is een jongman dood en ander se lewe onherroeplik verander. Waarheen is die mensdom oppad? Moord en doodslag oral.

Anthony ·

En dis nou ” universiteid geleerdes” wat kamtig meer breins as die res van ons het en eendag high power posisie gaan beklee, wat mekaar dood steek oor n aanmerking oor n kamer…….go figure

Jr ·

Nou gaan die perd sy graad in die tronk kry. En die taxpayer sal vir dit betaal. Mooi man. Hierdie is die leiers van môre. Liewer genade

VaalDonkie ·

In my dae het ons ook lekker baklei, maar ek dink nie ek het ooit gehoor van iemand wat met ‘n mes gesteek was nie. Ons het ‘n bietjie eer en respek gehad, al was ons laeklas.

Ovelia ·

Hoop nie hul laat die aanvaller ooit weer uit di tronk kom nie

VaalDonkie ·

Die ou sal darem seker bietjie afslag kry omdat hy die oorledene hospitaal toe geneem het.

JohanR ·

En daar word gese ons die mens is die mees intelligente spesies!

Pieter ·

29 en nog steeds besig met studies, is hy besig met sy tweede doktors graad. Vra maar net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.