Aardskudding aan Oos-Rand skud inwoners wakker

Die episentrum van die skudding was in die Brakpan-omgewing.

’n Aardskudding het inwoners in dele van die Oos-Rand Sondag in die vroeë oggendure wakker geskud.

Die Raad vir Geowetenskappe het gesê die skudding van 3,1 het omstreeks 01:00 plaasgevind. Die episentrum van die skudding was in die Brakpan-omgewing.

Talle inwoners het op sosiale media gesê die skudding het hulle groot laat skrik. Volgens sommige inwoners het huise se vensters geskud terwyl ander in hul beddens wakker geruk is.

TimesLive berig daar was volgens die Raad vir Geowetenskappe se lys van seismiese gebeurtenisse, al meer 50 skuddings van 3,1 en hoër vanjaar in Suid-Afrika aangeteken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Waarnemer ·

Die tonnels in en om die witwatersrand…een van die dae sit daar net n groot gat groter as kimberley se gat waar brskpan/springs was.Dke mense gaan n nuwe dorp ondergronds bou.

Drico ·

Ek bly in Springs en ek was vas oortuig dat ietsie baie groot op my huis se dak geval het of dat die dak besig is om inmekaar te stort. Het my nerwe skoon disnis geskrik!

AmY ·

Ek woon in Kemptonpark, en het niks gevoel nie. Ons is altyd Sondae vroeg op vir kerk, so ons was reeds wakker by daai tyd.

miraclealigner ·

Hoe vroeg is julle kerkdiens – die aardskudding het omstreeks 01:00 die oggend plaasgevind – om presies te wees 00:56AM volgens ander nuusbronne?!

AmY ·

Ek is gewoonlik wakker by daai tyd, want ons buurman maak ‘n hengse geraas hier van middernag af wanneer hy van sy jol af huis toe kom.

Andries ·

Op die wes rand noem oud mynwerkers dit ‘n “Bump”. Niks om oor huis toe te skryf nie, en heeltemaal gewoond daaraan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.