Inwoners in verskeie woonbuurte in Kaapstad het Saterdagaand op sosiale media bevestig dat hulle ʼn aardskudding gevoel het.
Die Amerikaanse Geological Survey (USGS) berig die aardbewing van 6.2 het Suid-Afrika omstreeks 19:10 getref op ʼn diepte van 10 km. Geen tsoenami-waarskuwing is uitgereik nie en geen beserings is tot dusver aangemeld nie.
Volgens die nasionale sentrum vir seismologie het die aardbewing sowat 1 600 km suid-suidoos van Kaapstad plaasgevind.
Gebruikers op sosiale media het gesê hulle het die skudding in voorstede soos Thornton, Goodwood, Parow, Ravensmead, Big Bay, Pinelands, Durbanville, Parklands en tot sover as Somerset-Wes gevoel.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Staan ons ou atoomkragwonderwerkie nog en die parlement? Laasgenoemde wiggel juis al op dun ys gepak met gewigtige eisers van human rights met sakke vol soete wrongs…
Mens weet ook nooit of dit net jou boude is wat jou bedrieg nie en of jou stoel regtig beweeg.
In ander nuus media wat mense kommentaar gelewer het se almal hulle het ‘n harde geluid gehoor soos ‘n ontploffing en toe ‘n skudding. Gewoonlik gaan ‘n aardbewing gepaard met trillings en die huis skud. Snaaks dat almal wat kommentaar gegee het die harde geluid gehoor het.
Die aardbewing in Botswana ‘n paar jaar terug het geklink soos ‘n groot vliegtuig wat stadig op pad is om te val.
Ek was op die strand by Melkbosstrand. Gevoel soos ‘n trein wat naby verby ry. Net meer intens met ‘n dreuning. Geen slag gehoor nie.