Die Padverkeersoortredingsowerheid (RTIA) het Woensdag gesê die omstrede Wet op die Administratiewe Beregtiging van Padverkeersoortredings (Aarto) sal van krag bly totdat die uitspraak deur die Konstitusionele Hof bevestig is.
Dít volg nadat die hooggeregshof in Pretoria Aarto én die wysigingswetsontwerp op Aarto verlede week in geheel ongrondwetlik en ongeldig verklaar het.
Monde Mkalipi, RTIA se woordvoerder, sê die bepalings van die hoof Aarto-wet bestaan egter steeds en is afdwingbaar totdat die hofuitspraak bevestig is.
RTIA sal hom voorts ook by die regering aansluit, wat kort ná die uitspraak aangekondig het dat hy teen die beslissing sal appelleer.
“Daarom gaan die inwerkingstelling van Aarto voort totdat die uitspraak oor die grondwetlikheid daarvan aan alle behoorlike regshersieningsprosesse onderwerp is.”
Aarto sluit in ʼn strafpuntstelsel vir motoriste en het onder meer ten doel om minder ernstige verkeersoortredings aan administratiewe prosesse te onderwerp, terwyl die hof steeds strafregtelike verkeersoortredings sal hanteer.
In die hofuitspraak het regter Annali Basson in die guns van die burgerregtegroep Outa beslis en gelas dat die minister van vervoer en RTIA die groep se regskoste dek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
20 Kommentare
O natuurlik !!! Die hof moet nog 40 keer verklaar dat die stelsel ongeldig is dan word dit in elk geval deur geforseer. Een van die enigste regerings in die wêreld wat homself vernietig.
Die Konstistusionele Hof sal dit bevestig.
Natuurlik !!!!!
Wil seker nog gou eers ‘n paar rand onwettig bekom!!!
Die beste van alles is hulle wil my beboet omdat my kar onpadwaardig is so wat moet ons met hulle doen oor toestand van paaie en al die gate in die pad kan net lag.